Francois du Plessis (gebore 13 Julie 1984 in Pretoria, Transvaal) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler wat op internasionale vlak vir die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan, die Proteas, speel en die vorige kaptein van die span in al drie vorme van die spel was. Hy is 'n regshandige middelkolwer wat ook deeltyds draaiballe boul. Du Plessis het plaaslike krieket vir Noordelikes en die Titans gespeel, sowel as wedstryde vir Lancashire, die Chennai Super Kings en die Melbourne Renegades. Hy maak sy toetsbuiging in November 2012 en word slegs die vierde Suid-Afrikaner wat 'n toetshonderdtal tydens sy debuutwedstryd aanteken. Du Plessis was ook T20I-kaptein van die Proteas sedert die Twintig20-reeks teen Nieu-Seeland in Februarie 2013. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2011, 2015 en 2019, die Kampioenetrofeë in 2013 en 2017, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2012, 2014 en 2016 vir Suid-Afrika gespeel.

Hy is in 2019 as Suid-Afrika se krieketspeler van die jaar en eendagkrieketspeler van die jaar aangewys. Op 17 Februarie 2021 het Faf du Plessis sy uittrede uit toetskrieket aangekondig.

Uitbeelding Du Plessis matrikuleer by die Afrikaanse Hoër Seunskool, 'n openbare skool in Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika. Hy het saam met mede-Titanskrieketspelers AB de Villiers, Heino Kuhn en Jacques Rudolph skoolgegaan. Hy is ook 'n gegradueerde van die Universiteit van Pretoria.

Verwysings

Eksterne skakels

Faf du Plessis by ESPNcricinfo Faf du Plessis by CricketArchive

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners