Imran Tahir (* 27 Maart 1979 in Lahore, Pakistan) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler. Tahir het vir die Proteas in T20I, asook die KZN Dolfyne in Suid-Afrika, en vir die Chennai Super Kings in die Indiese Premierliga gespeel. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2011, 2015 en 2019, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2014 en 2016, asook die Kampioenetrofee 2017 vir Suid-Afrika gespeel.

Op 15 Junie 2016 was Tahir die eerste Suid-Afrikaanse bouler om sewe paaltjies in 'n EDI in te oes, en die vinnigste Suid-Afrikaner om 100 EDI paaltjies te neem (in 58 wedstryde).

Op 17 Februarie 2017 was Tahir die Suid-Afrikaner wat die vinnigste 50 T20I paaltjies behaal het.

In Maart 2019 het Tahir sy uittrede uit EDI-krieket ná die Krieketwêreldbeker 2019 aangekondig.

Persoonlike lewe Imran Tahir is in Lahore in Pakistan gebore, en het sy krieket daar leer speel. Hy het op die ouderdom van 16 begin werk om sy familie te onderhou.

Verwysings

Eksterne skakels

Imran Tahir by CricketArchive Imran Tahir by Cricinfo 'n Nuwe land vir Imran Tahir Cricinfo, 28 November 2010.

Kategorie:Geboortes in 1979 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Pakistanse krieketspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers