Wayne Parnell (* 30 Julie 1989 in Port Elizabeth, Oos-Kaap) is 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler wat toetse, Internasionale eendagwedstryde en Twintig20-wedstryde vir die Proteas speel. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2011 en 2015, die Kampioenetrofeë in 2009 en 2017, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009, 2012, 2014 en 2022 vir Suid-Afrika gespeel.
Tuis speel hy vir die Warriors (die ou Oostelike Provinsie) en hy het ook graafskapskrieket vir Kent gespeel. In 2010 is Parnell deur die Delhi Daredevils gekontrakteer vir die 2010 Indiese Premier League, maar in 2011 speel hy vir die Pune Warriors. Tydens die IPL 2014 veiling is hy deur die Delhi Daredevils gekoop vir INR 1 miljoen.
Internasionale loopbaan duimnael|links|Wayne Parnell oefen by Adelaide-ovaal in 2009 Parnell is gekies as kaptein van die Suid-Afrikaanse span vir die 2008 o.19 Wêreldbeker-toernooi en het ook vir die span gespeel in die 2006 O/19 Krieketwêreldbeker. Hy voltooi die 2008-toernooi as die voorste paaltjienemer met 18 paaltjies teen 8.38. Under-19 World Cup, 2007/08 – Most Wickets, Cricinfo, verkry op 30 April 2008 In die kwarteindstryd teen Bangladesj neem hy 6/8 sowel as die hoogste kolftelling van 57. Bangladesh Under-19s v South Africa Under-19s, Scorecard, CricketArchive, verkry op 30 April 2008
Parnell is vir die eendag- en T20-spanne gekies vir Suid-Afrika se toer na Australië in 2008-09 South Africa in Australia Twenty20 International Series, 2008/09 – South Africa Twenty20 Squad , Cricinfo, verkry op 13 Januarie 2009 South Africa in Australia ODI Series, 2008/09 – South Africa ODI Squad , Cricinfo, verkry op 13 Januarie 2009 en het sy internasionale debuut in die tweede Twintig20 Internasionaal in Brisbane op 13 Januarie 2009 gemaak. Hy was duur met die bal en laat val 'n belangrike vangskoot, maar daar is later uitgevind dat dit moontlik as gevolg van 'n groen laserligstraal in sy oë deur 'n lid van die toeskouers was. The Proteas might have lost anyway, IOL, verkry op 29 Julie 2009
Parnell word ingesluit in Suid-Afrika se span vir die derde en laaste toets teen Australië in Kaapstad Kallis appointed S Africa captain, BBC Sport, 10 Maart 2009, verkry op 29 Julie 2009 en hoewel hy nie gespeel is nie, word hy weer ingesluit vir die twintig20- en eendagreeks wat gevolg het. Hy deel die nuwe bal met mede-snelbouler Dale Steyn en speel 'n sleutelrol in Suid-Afrika se sewe paaltjie-oorwinning in die tweede eendagwedstryd in Centurion deur vier vir slegs 25 te neem. Parnell and Steyn crush Australia, Cricinfo, verkry op 29 Julie 2009
In Mei 2009 is Parnell weer vir die Proteas gekies in die IKR Wêreldbeker Twintig20 in Engeland. Hy speel 'n uitstekende toernooi, met nege paaltjies teen 13.22 en 'n ekonomie van minder as ses. ICC World Twenty20, 2009 – South Africa averages, Cricinfo, verkry op 29 Julie 2009 Teen die gasheer behaal hy syfers van 3/14, wat 'n openingsrits van 2-0-2-1 insluit. England v South Africa (14th match, Group E), commentary, Cricinfo, verkry op 29 Julie 2009 In die volgende wedstryd teen Wes-Indië word hy as Speler-van-die-wedstryd aangewys nadat hy 4/13 met die bal geneem het. South Africa v West Indies (17th match, Group E), scorecard, Cricinfo, verkry op 29 Julie 2009 Sy vertoning besorg hom 'n plek in die Wêreldbekerspan van die toernooi. Three South Africans in World T20 team, IOL, verkry op 29 Julie 2009 Parnell ontvang die goue bal as die grootste paaltjienemer in die 2009-IKR Kampioenetrofee met 11 paaltjies.
In 2013 beleef Parnell weer soos in 2012 'n ongelukkige seisoen. Hy word deur Jos Buttler vir 32 in een boulbeurt gemoker tydens 'n Twintig20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Engeland.
Verwysings
Eksterne skakels
Wayne Parnell by Cricinfo Wayne Parnell by CricketArchive
Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense