Stuur groete aan Mannetjies Roux is 'n Afrikaanse rolprent oor ’n tienermeisie wat haar oom en tante besoek op hul Karooplaas tydens ’n skoolvakansie. Dan begin ’n ontdekkingsreis: sy moet uitvind wie sy werklik is en waar sy vandaan kom. Drie besoekers in een week verander haar lewe onherroeplik en haar oom se obsessie met die drie van Mannetjies Roux word ook helaas verklaar.
Die rolprent het niks met Mannetjies Roux se lewe te doen nie maar die drie wat hy in 1962 in Bloemfontein teen die Britse Leeus gedruk het staan sentraal in die verhaal.
Hoofrolspelers Ian Roberts as oom Frans Anna-Mart van der Merwe as tante Koba Lizelle de Klerk as Engela Elton Landrew as Toemaar Steffie le Roux as Anna Wilhelm van der Walt as Anton Ilse Oppelt as Katie Laurika Rauch as Engela (volwassene)
Verwysings
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Eksterne skakels
Resensies
Kategorie:Afrikaanse rolprente