Stef Kruger is 'n Afrikaanse liedjieskrywer, musikant en abstrakte skilder. Hy het al meer as 400 liedjies geskryf, waarvan verskeie treffers is. Van sy bekende liedjies sluit in Pennies op die spoor, Grassade in die wind en Tussen jou en my. Kunstenaars soos Dozi, Bobby van Jaarsveld en Jannie Moolman het al van sy liedjies opgeneem.

Kruger was vir 25 jaar lank verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vermaaklikheidseenheid waar hy tromme gespeel het, maar het ook sy musiekeksamen met die dwarsfluit afgelê.

Hy het verskeie pryse vir sy werk ontvang, waaronder Vonk Musiek se toekenning as beste liedjieskrywer van die jaar asook Die Orde van die Goue Pen, 'n toekenning vir buitengewone bydrae tot die bevordering van Afrikaans in 2012. Verskeie van sy liedjies is ook in die nuwe FAK-sangbundel opgeneem.ATKV vereer Stef Kruger vir sy bydrae, Die Burger, 15 Mei 2013

Diskografie Pelgrimsreisiger, 2004 Grootverlang, 2007 Skilder jou liefde, 2011 Hiervandaan, 2013

Sien ook Afrikaanse musiek Suid-Afrikaanse Musikante

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici