duimnael|links|Kloof van die Rio São Francisco Die Rio São Francisco is 'n groot noordoos-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 2 914 km, is die vierde langste rivier in Suid-Amerika ná die Amesonerivier, die Río Paraná en die Rio Madeira. "São Francisco River". Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Online. Encyclopædia Britannica Inc., 2012. Web. 26 Mei 2012 "São Francisco River" Ná die Amesonerivier is dit die tweede langste rivier in Brasilië en die langste, wat net in dié land vloei.
Die Rio São Francisco ontspring in die Serra da Canastra, in die Brasiliaanse deelstaat Minas Gerais. Aansluitend vloei die rivier hoofsaaklik in noordelike rigting deur die Três-Marias-dam en verder noordelik deur die Sobradinho-dam, aansluitend deur die Itaparica-dam op die grens tussen die deelstate Bahia en Pernambuco. Later draai die rivier maklik in suidoostelike rigting af en vorm die grens tussen Sergipe en Alagoas. Aansluitend mond die Rio São Francisco in die suidelike Atlantiese Oseaan uit.
Die Rio São Francisco is op 4 Oktober 1501 deur Amerigo Vespucci ontdek, wie die rivier na Franciskus van Assisi benoem het. Franciskus van Assisi se feesdag is op 4 Oktober gevier.
Verwysings
Eksterne skakels
Artikel oor die Rio São Francisco saamgestel deur die Kooperation Brasilien
Kategorie:Alagoas Kategorie:Bahia Kategorie:Minas Gerais Kategorie:Pernambuco Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Sergipe