Faan se Trein is ’n 2014-rolprent gebaseer op die verhoogstukke, Faan se Trein en Faan se Stasie, deur Pieter Fourie. Dit speel af in die laat vyftigerjare en gaan oor ’n eenvoudige middeljarige man op ’n klein Karoodorpie wat nooit verby die onskuld en eenvoud van ’n jong kind ontwikkel het nie. Wanneer sy pa sterf, los hy al sy besittings om tussen Faan en die kerk verdeel te word. Onmiddellik verskeur gierigheid die gemeenskap… totdat liefde hulle weer tot hulle sinne bring.

Die rolprent is gebaseer op die gelyknamige toneelstuk wat in 1970 deur Pieter Fourie geskryf is. Tydens die openingsnaweek het dit R1,4 miljoen by die loket verdien, toe sowat 32 000 mense daarna gaan kyk het.‘Ballade’ tref die loket met R1,3 miljoen

Hoofrolspelers Willie Esterhuizen as Faan Deon Lotz as Dr André Dippenaar, die burgemeester Anel Alexander as Truia Marius Weyers as die draadsitter-dominee Nicola Hanekom as Beatrice Dippenaar, die burgemeester se vrou AJ van der Merwe as die sersant Cobus Rossouw as Oom Frik Sandra Kotzé as Tante Magriet

Pryse Die rolprent het tydens die tweede kykNET Silwerskermfees nege toekennings ontvang, insluitend: Beste film Beste regisseur (Koos Roets) Beste akteur (Willie Esterhuizen) Beste manlike byspeler (Deon Lotz) Beste vroulike byspeler (Anel Alexander) Beste draaiboek (Pieter Fourie en Koos Roets) Beste kinematografie (Amelia Henning) Beste redigering (Nicholas Costaras) Beste klankontwerp (Barry Donnely)

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Eksterne skakels Lokprent: Helena Spring Kanaal Facebook-blad Twitter-blad

Kategorie:Afrikaanse rolprente