Samaná Engels is 'n vorm van Engels wat deur omtrent 8 000 mense op die Samaná-skiereiland in die Dominikaanse Republiek gepraat word. Hulle word ook Samaná Amerikaners genoem. Hierdie sprekers is die afstammelinge van vrygemaakte Swart Amerikaners wat in 1824 na Hispaniola begin emigreer het.

Die taal is soortgelyk aan Karibiese Engels wat op ander eilande gepraat word, maar dit bevat nog aspekte van Swart Amerikaanse Engels wat reeds in die Verenigde State verdwyn het.

Eksterne skakels Ethnologue report for English; Samaná Engels word onder die opskrif "Dominican Republic" bespreek.

Kategorie:Engels Kategorie:Tale van die Dominikaanse Republiek