Pad na jou hart is ’n Afrikaanse romantiese-avontuurkomedie oor ’n jong, aantreklike en selfvoldane sakeman wat vyf dae het om by sy pa se begrafnisdiens in Kaapstad uit te kom. Hy moet egter sekere take voltooi op hierdie reis voordat hy die suksesvolle familie-maatskappy kan oorneem. Sy enigste kans om betyds daar aan te kom, is ’n saamrygeleentheid met die beeldskone boheemse meisie.
Die skrywer François Bloemhof het die draaiboek in ’n roman verwerk wat in November 2013 bekendgestel is. Van die kunstenaars wat op die klankbaan te hore is, sluit in Adam, Joe Foster, Foto na Dans, Die Heuwels Fantasties en Karen Zoid.
Hoofrolspelers Ivan Botha as Basson van Rensburg junior Donnalee Roberts as Amory Marius Weyers as Basson van Rensburg senior Franci Swanepoel as Gerda Marcel van Heerden as Dawn Lida Botha as Ouma Poppie Hélène Truter as Magriet van Rensburg Anton Dekker as André David James as Hein
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Eksterne skakels
Facebook-blad
Kategorie:Afrikaanse rolprente