Petrus Johannes Liebenberg (29 September 1857 – 5 Maart 1950) was 'n Boeregeneraal tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is naby Hoopstad gebore. Sy ouers was Christiaan J Liebenberg en Catharina Petronella van der Westhuizen. Gedurende 1874 het hy op die plaas Witpoort in die distrik van Klerksdorp gewoon. Hy het deelgeneem aan verskeie veldtogte teen swart gemeenskappe en het ook aan die Eerste Vryheidsoorlog deelgeneem.

Tweede Vryheidsoorlog Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog het Liebenberg op die Wesfront diens gedoen en het deelgeneem aan die Slag van Kraaipan. Hy het ook deelgeneem aan die Slag van Modderrivier en die Slag van Magersfontein. Hy was ook by die Beleg van Mafikeng betrokke. Tot op daardie stadium was sy rang die van 'n kommandant. Gedurende Januarie 1900 is hy bevorder tot generaal. Hierna het hy die Kaap binnegeval. Na die Britse besetting van Bloemfontein keer hy terug na Griekwaland-Wes met sy hoofkwartier te Rooidam. Hy het ook deelgeneem aan die Slag van Donkerhoek.

Bron The War Reporter. J.E.H. Grobler. Jonathan Ball Publishers. 2004.

Verwysings

Kategorie:Boeregeneraals Kategorie:Mense in die Eerste Vryheidsoorlog Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1857 Kategorie:Sterftes in 1950 Kategorie:Afrikaners