10 Mei is die 130ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (131ste in skrikkeljare). Daar volg nog 235 dae in die res van die jaar.
duimnael|regs|Nelson Mandela word ingehuldig as Suid-Afrika se eerste swart president.
Gebeure 946 – Pous Agapetus II volg Pous Marinus II op. 1455 – Rodrigo Borgia (later Pous Alexander VI) word deur Pous Callixtus III benoem as apostoliese protonotarius. 1503 – Christopher Columbus ontdek die Kaaimanseilande en hy noem dit Las Tortugas as gevolg van die baie seeskilpaaie wat daar gevind word. 1534 – Jacques Cartier ontdek Newfoundland. 1728 – Prospero Lorenzo Lambertini (later Pous Benedictus XIV) word kardinaal-priester van S. Croce in Gerusalemme. 1773 – Giovanni Angelo Braschi (later Pous Pius VI) word kardinaal-priester van S. Onofrio. 1774 – Lodewyk XVI word koning van Frankryk. 1871 – Frans-Pruisiese oorlog: Met die ondertekening van die Vrede van Frankfurt word die oorlog amptelik beëindig. 1877 – Roemenië verklaar sy onafhanklikheid van Turkye. Dit word van krag op 26 Maart 1881 na die einde van die Roemeense burgeroorlog. 1932 – Die "Wilhelmus" word die Nederlandse volkslied. 1933 – Honderde aanhangers van Adolf Hitler verbrand 'on-Duitse' en 'dekadente' boeke op die Berlynse Opernplatz. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland val België, Nederland en Luxemburg binne 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Alle Switserse mans word opgeroep om in die Switserse Weermag te dien (Generalmobilmachung). Switserland was ´n neutrale staat tydens die Tweede Wêreldoorlog. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Winston Churchill aangestel as Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk. 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Staking van meer as 100 000 arbeiders in Luik, gelei deur Julien Lahaut. 1981 – Verkiesing van François Mitterrand tot president van Frankryk. Hy verslaan die dienende president Valéry Giscard d'Estaing met 51,8% teen 48% stemme. 1988 – Michel Rocard word Eerste Minister van Frankryk. 1994 – Nelson Mandela word ingehuldig as Suid-Afrika se eerste swart president. 1997 – Tydens ´n aardbewing van 7,1 op die Richterskaal op die grens tussen Iran en Afghanistan sterf 1 600 mense. 2006 – Verkiesing van Giorgio Napolitano tot elfde president van Italië. 2015 – Mmusi Maimane word in Port Elizabeth verkies as die Demokratiese Alliansie se eerste swart leier.
Geboortes 214 – Claudius Gothicus, Romeinse keiser († 270). 1614 – Zacharias Wagenaer, Duitse skeepsman en staatsman, kommandeur van die Kaap van Goeie Hoop († 1668). 1813 – Gustav Christian Schwabe, Duits-gebore Britse koopman en finansier († 1897). 1838 – John Wilkes Booth, Amerikaanse akteur en sluipmoordenaar van Abraham Lincoln († 1865). 1850 – Reimond Stijns, Vlaamse skrywer († 1905). 1887 – J.C. Bloem, Nederlandse digter en essayis († 1966). 1890 – Alfred Jodl, Duitse generaal († 1946). 1899 – Fred Astaire, Amerikaanse baldanser en akteur († 1987). 1915 – Beyers Naudé, Afrikaanse teoloog en anti-apartheidstryder († 2004). 1916 – Milton Babbitt, Amerikaanse komponis († 2011). 1926 – Hugo Banzer, Boliviaanse politikus, generaal en president van Bolivië († 2002). 1945 – Koos du Plessis, sanger, liedjieskrywer en digter († 1984). 1946 – Trienke Laurie, Suid-Afrikaanse skrywer († 2023). 1954 – Artūras Barysas, Litause kunstenaar († 2005). 1957 – Sid Vicious, Britse musikant († 1979). 1960 – Bono, Ierse sanger, liedjieskrywer, filantroop en aktivis (U2). 1966 – Adriaan Richter, Suid-Afrika se vier-en-vyftigste Springbokkaptein. 1970 – Kang Hee-chan, Suid-Koreaanse tafeltennisspeler. 1977 – Nick Heidfeld, Duitse professionele motorrenjaer. 1979 – Marieke Vervoort, Belgiese paralimpiese atleet († 2019). 1989 – Armin Ronacher, Oostenrykse rekenaarprogrammeerder. 1992 – Charice Pempengco (nou "Jake Zyrus"), Filippynse sanger en aktrise.
Sterftes 1774 – Koning Lodewyk XV van Frankryk (* 1710). 1818 – Paul Revere, Amerikaanse patriot (* 1735). 1904 – Henry Morton Stanley, Wallies-Amerikaanse ontdekkingsreisiger en joernalis (* 1841). 1949 – Katsushika Hokusai, Japannese houtsneekunstenaar (* 1760). 1977 – Joan Crawford, Amerikaanse aktrise (* 1904). 1987 – Sita, Afrikaanse skrywer van kinderverhale, jeugverhale, dramas en romans (* 1898). 1987 – Dalida, Franse sangeres en aktrise (* 1933). 2000 – Roy Dryburgh, Suid-Afrika se agt-en-twintigste Springbokkaptein (* 1929). 2012 – Gunnar Sønsteby, 'n lid van die Noorse weerstandsbeweging tydens die Duitse besetting van Noorweë in die Tweede Wêreldoorlog (* 1918). 2019 – Frederick Brownell, heraldikus, vlagkundige en genealoog; ontwerper van beide die vlae van Namibië en Suid-Afrika (* 1940).
Vakansiedae Moedersdag – 2020, 2026
Kategorie:Mei