18 Mei is die 138ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (139ste in skrikkeljare). Daar volg nog 227 dae.

Gebeure 1291 – Die Moslems verower die kruisvaarderstad Akko. 1521 – Pous Leo X verbied Latynse dienste in Griekse kerke. 1642 – Stigting van Montréal (Notre-Dame de Ville-Marie de Montréal) 1652 – Rhode Island skep die eerste wet in Noord-Amerika wat slawerny onwettig maak. 1672 – Pous Clemens X verklaar Jacobus (James) Blanconibus van Mevania salig. 1699 – Pous Innocentius XII publiseer die brief Regi saeculorum oor die Jubeljaar 1700. 1712 – Pous Clemens XI stel 18 nuwe kardinale aan, waaronder Lodovico Pico della Mirandola, titulêr patriarg van Konstantinopel. 1721 – Pous Innocentius XIII word gekroon deur kardinaal Benedetto Pamphili. 1724 – Lorenzo Ganganelli (Later Pous Clemens XIV) word Franciskaan. 1743 – Pous Benedictus XIV publiseer Nimiam Licentiam oor die geldigheid van gemengde huwelike. 1765 – 'n Brand verwoes 'n kwart van die dorp Montreal, Quebec. 1803 – Napoleontiese Oorloë: Die Verenigde Koninkryk trek die Verdrag van Amiens terug en verklaar oorlog teen Frankryk. 1804 – Napoleon Bonaparte word verklaar as keiser van Frankryk deur die Franse Senaat. 1814 – Pous Pius VII publiseer Il trionfo oor die terugkeer na Rome. 1848 – Opening van die eerste Duitse Nasionale Vergadering (Nationalversammlung) in Frankfurt, Duitsland. 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die Slag van Vicksburg begin (eindig 4 Julie). 1869 – Oorgawe van die Ezo-republiek aan Japan. 1899 – Jan van Riebeeck se standbeeld word onthul in Heerengracht Straat, Kaapstad. 1900 – Die Verenigde Koninkryk verklaar 'n protektoraat oor Tonga. 1910 – Die aarde beweeg deur die stert van Halley se Komeet. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Slag van Monte Cassino – Duitsland ontruim Monte Cassino en Geallieerde magte neem die pos oor na ’n geveg wat 20 000 lewens geëis het. 1950 – Lord Bertrand Russell, wiskundige en filosoof, ontvang die Nobelprys vir Letterkunde. 1953 – Rogers Dry Lake, Kalifornië: Jacqueline Cochran word die eerste vrou wat die klankgrens breek (sy het in 'n North American F-86 Sabre teen ’n gemiddelde spoed van 652,337 myl per uur gevlieg). 1958 – 'n Lockheed F-104 Starfighter stel 'n wêreldspoedrekord van 1 404,19 myl per uur op. 1969 – Apollo-program: Die ruimteskip Apollo 10 word gelanseer. 1974 – Kernwapentoets: As deel van die projek Smiling Buddha laat Indië hulle eerste kernwapen suksesvol ontplof, en word die sesde nasie om dit te doen. 1980 – Mount Saint Helens se uitbarsting in die deelstaat Washington - 57 mense sterf. 1991 – Somaliland verklaar eensydig sy onafhanklikheid van Somalië. 1995 – Alain Juppé word Eerste Minister van Frankryk.

Geboortes 1048 – Omar Khayyam, Persiese digter, wiskundige, sterrekundige († 1131). 1872 – Lord Bertrand Russell, wiskundige en filosoof († 1970). 1883 – Walter Gropius, argitek, stigter van Bauhaus († 1969). 1891 – Rudolf Carnap, Duitse filosoof († 1970). 1896 – Walter Fitzgerald 'n Engelse akteur († 1976). 1912 – Perry Como, Amerikaanse sanger († 2001). 1912 – Walter Sisulu, antiapartheidaktivis († 2003). 1919 – Dame Margot Fonteyn, balletdanseres († 1991). 1920 − Fritz Eloff, Professor in dierkunde en jarelange rugbyadministrateur († 2013). 1920 – Pous Johannes Paulus II, die 264ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 2005). 1922 – Bill Macy, Amerikaanse akteur († 2019). 1928 – Pernell Roberts, Amerikaanse akteur († 2010). 1931 – Robert Morse, Amerikaanse akteur († 2022). 1934 – Dwayne Hickman, Amerikaanse akteur en regisseur († 2022). 1937 – Christiane Jaccottet, Switserse klavesimbelspeelster († 1999). 1953 – David Deutsch, Britse fisikus. 1969 – Martika, Kubaans-Amerikaanse sanger. 1970 – Tina Fey, skrywer, komediant en aktrise. 1985 – Hedley Bull, Brits-Australiese Internasionale verhoudinge akademikus en skrywer (* 1932). 1986 – Kevin Anderson, Suid-Afrikaanse tennisspeler. 1990 – Simoné Nortmann, Suid-Afrikaanse aktrise.

Sterftes 526 – Pous Johannes I (* 470), die 53ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1012 – Johannes III Crescentius. 1675 – Jacques Marquette, Franse Jesuïetsendeling en ontdekkingsreisiger (* 1637). 1911 – Gustav Mahler, Tsjeggies-Oostenrykse komponis en dirigent (* 1860). 1964 – Harm Oost, 'n Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus (* 1877). 1988 – Daws Butler, Amerikaanse akteur (* 1916). 1990 – Jill Ireland, Britse aktrise (* 1936). 1995 – Elizabeth Montgomery, Amerikaanse aktrise (* 1933). 1995 – Alexander Godunov, Amerikaanse balletdanser, akteur (* 1949). 1995 – Elisha Cook Jr., Amerikaanse akteur (* 1903). 2013 – Vuyo Mbuli, SAUK-TV en radiopersoonlikheid (* 1967). 2016 – Samuel Pauw, Suid-Afrikaanse modernistiese en postmodernistiese argitek (* 1936). 2021 – Charles Grodin, Amerikaanse akteur (* 1935). 2021 – Theodore John Conrad, Amerikaanse bankteller wat in Julie 1969 kontant uit die kluis van 'n bank in Cleveland gesteel het en nooit gevang is nie (* 1949). 2023 – Jim Brown, Amerikaanse akteur, vervaardiger, voetbalspeler en regisseur (* 1936).

Vakansiedae Feesdag van Pous Johannes I in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Mei