20 Mei is die 140ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (141ste in skrikkeljare). Daar volg nog 225 dae.
Gebeure 526 – Aardbewing: 300 000 mense sterf in Sirië en Antiochië. 1285 – Pous Honorius IV gekroon. 1293 – Koning Sancho IV van Castile stig die Studie van Algemene skole van Alcala. 1497 – John Cabot seil vanaf Bristol met sy skip Mathew opsoek na 'n roete na die weste (ander dokumente dui 'n datum van 2 Mei aan). 1498 – Portugese ontdekkingsreisiger Vasco da Gama arriveer by Kalkutta, Indië. 1521 – Slag van Pampeluna. 1524 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Porto en Santa Rufina. 1570 – Abraham Ortelius gee die eerste moderne atlas uit. 1574 – Pous Gregorius XIII publiseer die bul Dominus ac Redemptor noster Jesus wat die Jubileum van 1575 aankondig. 1690 – Engeland keur die Act of Grace goed, en vergewe daardeur die aanhangers van Jakobus II. 1705 – Pous Clemens XI verklaar Theresa van Portugal heilig. 1753 – Pous Benedictus XIV verklaar Juliana van Collalto salig. 1776 – Pous Pius VI stel Guido Calcagnini, biskop van Osimo en Cingoli en Angelo Maria Durini, titulêr aartsbiskop van Ancira, president van Avignon, aan as kardinale. 1845 – Die HMS Erebus en Terror met 134 mans onder John Franklin seil vanaf die Teemsrivier en begin 'n mislukte ekspedisie om die Noordwestelike weg te vind. 1862 – President Abraham Lincoln onderteken die Homestead Act. 1874 – Levi Strauss en Jacob Davis verkry 'n VSA-patent vir blou denimbroeke (jeans) met koper klinknaels. 1882 – Drievoudige alliansie tussen Duitsland, Oostenryk-Hongarye en Italië. 1891 – Eerste publieke vertoning van Thomas Edison se prototipe kinetoskoop. 1902 – Kuba verkry onafhanklikheid van die Verenigde State. 1916 – Die eerste uitgawe van die maandblad De Huisgenoot verskyn, voorloper van die weekblad Huisgenoot. 1927 – Verdrag van Jedda: Saudi Arabië word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. 1927 – Teen 7:52 vm vertrek Charles Lindbergh vanaf Roosevelt-vliegveld in Long Island, New York op die wêreld se eerste solo ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan (hy land by Le Bourget-vliegveld in Parys teen 10:22 nm die volgende dag). 1932 – Amelia Earhart vertrek op die wêreld se eerste solo ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan deur 'n vroulike vlieënier. 1940 – Holocaust: Die eerste gevangenes arriveer by 'n nuwe konsentrasiekamp by Auschwitz. 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Slag van Kreta - Duitse troepe val Kreta binne. 1954 – Chiang Kai-shek word herverkies as President van die Republiek China op Taiwan. 1965 – 'n Boeing 720-B van Pakistan International Airlines val tydens landing by die Kaïro Internasionale Lughawe, Egipte. 121 mense sterf. 1983 – Agtien mense sterf in die Kerkstraat-bomontploffing in Pretoria en 217 word beseer. 1985 – Propaganda: Radio Marti, deel van die "Voice of America"-diens, begin na Kuba uit te saai. 1990 – Die eerste post-Kommunistiese presidensiële en parlementêre verkiesings word in Roemenië gehou. 2002 – Herstel van Oos-Timor se onafhanklikheid van Indonesië.
Geboortes 1806 – John Stuart Mill, Engelse filosoof († 1873). 1860 – Eduard Buchner, Duitse chemikus en simoloog († 1917). 1901 – Max Euwe, Nederlandse wêreld-skaakkampioen († 1981). 1905 – Gerrit Achterberg, Nederlandse digter († 1962). 1908 – James Stewart, Amerikaanse akteur († 1997). 1908 – Bernard Glemser, skrywer van fiksie-, niefiksie- en kinderboeke († 1990). 1912 – M.I. Finley, Britse akademikus, navorser. klassikus en skrywer († 1986). 1919 – George Gobel, Amerikaanse komediant († 1991). 1921 – Hendrik Vermooten, 'n Suid-Afrikaanse argitek wat 144 Afrikaanse kerkgeboue ontwerp het († 2013). 1925 – Emy Storm, Sweedse aktrise († 2014). 1941 – Goh Chok Tong, Singapoerse politikus. 1944 – Joe Cocker, Engelse sanger († 2014). 1945 – Justin Cartwright, Britse skrywer († 2018). 1946 – Cher, Amerikaanse sangeres. 1959 – Bronson Pinchot, Amerikaanse akteur. 1961 – Peter Diamandis, 'n Amerikaanse futuris en entrepreneur. 1979 – Jakkie Louw, Afrikaanse musikant.
Sterftes 1277 – Pous Johannes XXI, die 187ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1215). 1506 – Christopher Columbus, ontdekkingsreisiger (* 1451). 1622 – Osman II, sultan van Turkye en keiser van die Ottomaanse Ryk (* 1604). 1755 – Johann Gmelin, Duitse botanis, geograaf en ontdekkingsreisiger in Siberië (* 1709). 1896 – Clara Schumann, Duitse pianis, komponis en pedagoog, en eggenote van Robert Schumann (* 1819). 1989 – Gilda Radner, Amerikaanse komediant, aktrise (* 1946). 1996 – Jon Pertwee, Engelse akteur (* 1919). 2019 – Niki Lauda, Oostenrykse Formule Eenrenjaer en 'n driemalige wêreldkampioen (* 1949).
Vakansiedae
Kategorie:Mei