26 Mei is die 146ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (147ste in skrikkeljare). Daar volg nog 219 dae.
Gebeure 1555 – Pous Paulus IV word gekroon deur kardinaal Francesco Pisani. 1805 – Napoléon Bonaparte met die Ysterkroon van Lombardye gekroon as Koning van Italië in Milaan. 1839 – Pous Gregorius XVI verklaar Veronica Giuliani heilig. 1857 – Die Koninkryk van Pruise doen formeel afstand van die Vorstedom Neuenburg/Neuchatel aan Switserland nadat republikeinse magte beheer oor die staat bekom het. 1896 – Die Dow Jones Industrial Average word vir die eerste keer deur Charles Dow as 'n aandelemarksyfer gepubliseer. 1918 – Georgië verklaar onafhanklikheid tydens die Russiese Burgeroorlog en roep die Demokratiese Republiek van Georgië uit. 1948 – Die Nasionale Party en Afrikanerparty verslaan die Verenigde Party en Arbeidersparty in Suid-Afrika se algemene verkiesing. 1966 – Guyana word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik. 1971 – Drie Suid-Afrikaanse Lugmag Hawker Siddeley-vliegtuie bots teen Duiwelspiek in Kaapstad; 11 sterf. 1972 – Richard Nixon en Leonid Brezjnef teken die antiballistiesemissielverdrag in Moskou, en sluit daarmee die SALT I onderhandelinge af. 1986 – Die Europese Gemeenskap neem die Europese vlag aan.
Geboortes 1478 – Giulio di Giuliano de' Medici (later Pous Clemens VII), die 219de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1534). 1886 – Al Jolson, Amerikaanse akteur en komponis († 1950). 1907 – John Wayne, Amerikaanse akteur († 1979). 1920 – Peggy Lee, Amerikaanse aktrise († 2002). 1934 – Dullah Omar, 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis, prokureur en minister († 2004). 1953 – Michael Portillo, Britse konserwatiewe politikus, joernalis en mediapersoonlikheid. 1966 – Helena Bonham Carter, Engelse aktrise. 1966 – Zola Budd, Suid-Afrikaanse middelafstandatleet. 1971 – Matt Stone, Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger.
Sterftes 1703 – Samuel Pepys, staatssekretaris in die admiraliteit van die Koninkryk van Engeland, president van die Royal Society en afgevaardigde in die Engelse Laerhuis (* 1633). 1927 – Annie Visser, Suid-Afrikaanse mezzo-sopraan (* 1876). 1969 – Helga Uys, Duitsgebore konsertpianis, moeder van Pieter-Dirk Uys (* 1908). 1980 – Willie Maree, Suid-Afrikaanse boer en politikus, leier van die Nasionale Party in Natal (* 1920). 2017 – Zbigniew Brzeziński, Amerikaanse politieke wetenskaplike (* 1928). 2018 – Alan Bean, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1932). 2020 – Stella Branca, Afrikaanse skrywer en kunstenaar (* 1931). 2022 – Ray Liotta, Amerikaanse akteur (* 1954).
Vakansiedae Onafhanklikheidsdag in Guyana (1966). Corpus Christi-fees in Katolisisme (2005). Moedersdag in Pole. Feesdag van Pous Eleuterus van die Rooms-Katolieke Kerk. Herdenkingsdag van Johannes Calvyn in die die Kerk van Engeland. Feesdag van Pous Aleksander I van Alexandrië volgens die Oosters-Ortodokse Kerk.
Kategorie:Mei