27 Mei is die 147ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (148ste in skrikkeljare). Daar volg nog 218 dae.
Gebeure 1236 – Pous Gregorius IX verklaar Sint Elisabeth van Hongarye (of Thuringe) heilig. 1328 – Philip VI word as Koning van Frankryk gekroon. 1541 – Die Roomse Kurie verwerp die Regensburgverklaring. Dit lei tot die finale breuk met die Protestantisme. 1675 – Pous Clemens X stel ses nuwe kardinale aan, waaronder Fabrizio Spada. 1883 – Aleksander III word gekroon as tsaar van Rusland ná die sluipmoord op sy pa, Aleksander II van Rusland. 1905 – Die Slag van Tsushima begin in die See van Japan. 1931 – Die vlug van die Switserse professor August Piccard in die stratosfeer op 'n hoogte van 15 781 m bo seevlak breek die wêreldrekord. 1941 – Tweede Wêreldoorlog: die Duitse slagskip Bismarck word deur die Britse Vloot gekelder. 2011 – Die Internasionale Ruimtestasie word voltooi. 2017 – Die 23ste Suid-Afrikaanse Musiekpryse word by Sun City aangebied.
Geboortes 1783 – William Sturgeon, Britse natuurkundige en uitvinder († 1850). 1814 – William Atherstone, Suid-Afrikaanse geneesheer en geoloog († 1898). 1824 – Dietlof Maré, sakeman en landdros in die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) († 1890). 1884 – Max Brod, Oostenrykse skrywer, vertaler en komponis († 1968). 1897 – PK Albertyn, Suid-Afrika se vyftiende Springbokkaptein († 1973). 1906 – Abel Coetzee, Afrikaanse lektor, skrywer, digter en eindredakteur († 1975). 1907 – Rachel Carson, Amerikaanse bioloog († 1964). 1918 – Yasuhiro Nakasone, Japannese premier († 2019). 1922 – Christopher Lee, Engelse akteur, sanger en skrywer († 2015). 1923 – Henry Kissinger, Amerikaanse politieke wetenskaplike en diplomaat († 2023). 1928 – Dr Johan Heyns, invloedryke Afrikaner Calvinistiese teoloog en moderator, algemene sinode van die NG Kerk († 1994). 1939 – Don Williams, Amerikaanse countrysanger († 2017). 1958 – Cheryl Carolus, Suid-Afrikaanse oud-politikus en aktivis, destyds voorsitter van SANParke en die SAL. 1962 – David Mundell, Britse dienende politikus, gewese Staatsekretaris van Skotland. 1972 – Ivete Sangalo, Brasiliaanse popsangeres. 1987 – Bella Heathcote, Australiese aktrise. 1991 – Beauden Barrett, Nieu-Seelandse internasionale rugbyspeler.
Sterftes 1508 – Ludovico Sforza, die Hertog van Milaan (* 1452). 1564 – Johannes Calvyn, Franse teoloog en predikant (* 1509). 1676 – Paul Gerhardt, Duitse teoloog en komponis van kerkliedere (* 1607). 1902 – Jan Ferguut, Vlaamse digter en skrywer (* 1835). 1910 – Robert Koch, bakterioloog en Nobelpryswenner in 1905 (* 1843). 1941 – Günther Lütjens, Duitse admiraal (* 1889). 1946 – Danie Bosman, Afrikaanse komponis van ligte liedjies (* 1907). 1964 – Jawaharlal Nehru, Indiese politikus, eerste staatshoof (* 1889). 1967 – Paul Henckels, Duitse akteur (* 1885). 1988 – Ernst Ruska, Duitse elektriese ingenieur wat die elektronmikroskoop uitgevind het (* 1906). 1999 – Zach de Beer, Suid-Afrikaanse opposisiepolitikus (* 1928). 2025 – Presley Chweneyagae, Suid-Afrikaanse akteur (* 1984).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Herdenkingsdag van Johannes Calvyn in die Lutheraanse Kerk.
Gepubliseer Teologie 1832 – Summo Iugiter Studio, oor gemengde huwelike, deur Pous Gregorius XVI.
Kategorie:Mei