21 Mei is die 141ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (142ste in skrikkeljare). Daar volg nog 224.

Gebeure 996 – Die sestienjarige Otto III word gekroon as Heilige Romeinse Keiser. 1535 – Pous Paulus III stel sewe nuwe kardinale aan. 1572 – Die Watergeuzen (Nederlanders) verower Enkhuizen van die Spanjaarde. 1660 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word nuntius in Pole. 1674 – John Sobieski word verkies as Koning Johannes III van Pole. 1856 – Lawrence, Kansas verower en verbrand deur pro-slawernymagte. 1881 – Die Amerikaanse Rooikruis gestig deur Clara Barton. 1919 – Die Landbouweekblad (destyds nog Landbouw-weekblad) verskyn die eerste maal, in Bloemfontein. 1924 – Universiteit van Chicago studente Richard Loeb en Nathan Leopold, Jr. vermoor 14-jarige Bobby Franks in 'n "thrill killing". 1927 – Charles Lindbergh voltooi die eerste solo ononderbroke transatlantiese vlug. 1932 – Amelia Earhart word die eerste vrou om alleen oor die Atlantiese Oseaan te vlieg. 1941 – Tweede Wêreldoorlog: 950 myl vanaf die kus van Brasilië, word die SS Robin Moor die eerste skip van die VSA wat deur 'n Duitse duikboot (U-boot) gesink word. 1956 – Kernwapentoets: in die Stille Oseaan word Bikini-atol amper totaal uitgewis deur die eerste lugontploffing van 'n waterstofbom. 1976 – Sewe mense, onder andere die Suid-Afrikaanse popster Gwynneth Ashley-Robin, sterf in 'n ligte vliegtuigongeluk naby Penge, Oos-Transvaal. Ashley-Robin was veral bekend vir haar Maart 1974 treffer, 'Little Jimmy'. 1980 – Grensoorlog: Veldslag van Savate in Angola, die bekendste veldslag waaraan 32-Bataljon van die Suid-Afrikaanse Weermag deelgeneem het. 1981 – Pierre Mauroy word Eerste Minister van Frankryk. 1991 – Naby Madras word voormalige Indiese eerste minister Rajiv Gandhi vermoor deur 'n vroulike terreur-selfmoordbomaanvaller. 2003 – Aardbewing tref Noord-Algerië. Meer as 2 000 mense sterf. 2006 – In 'n referendum in Montenegro stem 55,5% van die kiesers vir die afskeiding van Serwië.

Geboortes 1471 – Albrecht Dürer, Duitse skilder en grafiese kunstenaar († 1528). 1901 – Sam Jaffe, Amerikaanse akteur († 2000). 1904 – Robert Montgomery, Amerikaanse akteur († 1981). 1906 – Arnold Meiring, NG predikant en Transvaalse moderator van die NG Kerk († 1984). 1917 – Raymond Burr, Amerikaanse akteur († 1993). 1921 – Andrei Sakharov, Russiese kernfisikus, dissident, Nobelpryswenner en aktivis († 1989). 1928 – Charles Jacobie, Afrikaanse country-sanger († 1988). 1930 – Malcolm Fraser, twee-en-twintigste Eerste Minister van Australië († 2015). 1937 – Mengistu Haile Mariam, Ethiopiese politikus. 1938 – Michael Halász, Duits-Hongaarse dirigent. 1952 – Mr. T, Amerikaanse filmakteur en stoeier. 1955 – Sergey Shoygu, Russiese politikus en generaal. 1957 – Judge Reinhold, Amerikaanse akteur. 1960 – Jeffrey Dahmer, massamoordenaar († 1994). 1978 – Briana Banks, Duits-Amerikaanse porno-aktrise en model. 1990 – Scotty Leavenworth, Amerikaanse akteur en komponis.

Sterftes 1471 – Koning Henry VI van Engeland (* 1421). 1481 – Christiaan I van Denemarke, Koning van Denemarke, Swede en Noorweë (* 1426). 1542 – Hernando de Soto, Spaanse ontdekkingsreisiger (* circa 1500). 1639 – Tommaso Campanella, Italiaanse skrywer, digter, wetenskaplike, filosoof en teoloog (* 1568). 1647 – Pieter Corneliszoon Hooft, Nederlandse digter en historikus (* 1581). 1721 – Johannes Cornelis d’Ableing, waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie (* 1663). 1786 – Carl Wilhelm Scheele, Sweedse chemikus-apteker en ontdekker van 'n aantal chemiese stowwe (* 1742). 1931 – Carl George Klibbe, stigter en apostel van die Ou Apostoliese Kerk (* 1852). 1935 – Hugo de Vries, Nederlandse plantkundige (* 1848). 1952 – John Garfield, Amerikaanse akteur (* 1913). 1971 – Dennis King, Engelse rolprentakteur (* 1897). 1972 – Iwan Konef, Sowjetmaarskalk in die Rooi Leër (* 1897). 1981 – Trevor Lloyd Wadley, Suid-Afrikaanse fisikus en uitvinder (* 1920). 2000 – Sir John Gielgud, Britse akteur (* 1904). 2000 – Barbara Cartland, Britse skryfster (* 1901). 2005 – Stephanus Francois Kotzé, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Plurale Ontwikkeling (* 1922). 2014 – Anthony Hall-Martin, kenner op die gebied van swartrenosters en die Afrika-olifant (* 1945). 2023 – Ray Stevenson, Engelse akteur (* 1964). 2024 – James Selfe, Suid-Afrikaanse DA-politikus (* 1955).

Kategorie:Mei