23 Mei is die 143ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (144ste inskrikkeljare). Daar volg nog 222 dae.
Gebeure 1430 – Johanna van Arkel word deur die Boergondiërs gevange geneem. 1474 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word aartsbiskop van Avignon. 1498 – Die hervormer Girolamo Savonarola word in Florence tereggestel. 1533 – Die huwelik van Catharina van Aragon en Henry VIII van Engeland word nietig verklaar. 1555 – Pous Paulus IV volg Pous Marcellus II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1568 – Die Tagtigjarige Oorlog breek uit toe Nederlandse rebelle onder leiding van Lodewyk van Nassau Friesland in die Slag van Heiligerlee binneval. 1697 – Die Oosterland strand in Kaapstad. 1788 – Suid-Carolina word die 8ste deelstaat van die Verenigde State. 1842 – Die Beleg van Congella begin. 1844 – Samuel Morse stuur die eerste telegram via sy elektriese telegraaf. 1895 – Die Republiek van Formosa word gestig. 1934 – Die Amerikaanse bankrowers Bonnie en Clyde word deur die polisie in 'n lokval gelei en doodgeskiet in Black Lake, Louisiana. 1949 – Stigting van die Bondsrepubliek Duitsland. 1960 – Die stadjie Hilo, aan die ooskus van Hawaii, word deur 'n aardbewing getref. 1969 – Britse rockgroep, The Who, stel die rockopera Tommy vry. 1995 – Die Java-programmeertaal word amptelik deur die ontwikkelaar James Gosling en sy kollegas aangekondig. 2007 – Johanna Stoffels, voormalige ANC-burgemeester van Saldanhabaai verslaan haar voormalige party in 'n tussenverkiesing op Hopefield en die raad word deur die opposisie oorgeneem. 2021 – Irvette van Zyl stel 'n nuwe wêreldrekord op in 'n 50km wedloop in Gqeberha met 'n tyd van 3:07:26.
Geboortes 1707 – Carolus Linnaeus, Sweedse dokter, plantkundige en bioloog († 1778). 1827 – Lord Henry Loch, Britse goewerneur van die Kaapkolonie († 1900). 1848 – Otto Lilienthal, Duitse lugvaartpionier († 1896). 1888 – Adriaan Roland Holst, Nederlandse digter († 1976). 1896 – Felix Steiner, Duitse generaal († 1966). 1910 – Artie Shaw, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis († 2004) 1923 – Alicia de Larrocha, Spaanse pianis en komponis († 2009). 1926 – Joe Slovo, Suid-Afrikaanse politikus, leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en lid van die ANC († 1995). 1929 – Joe Modise, Suid-Afrikaanse ANC-politikus en kabinetsminster († 2001). 1933 – Joan Collins, Engelse aktrise en rolprentvervaardiger. 1935 – Francois van Heyningen, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, skrywer en radio-omroeper († 2015). 1939 – Evelyn Dalberg, Suid-Afrikaanse operasangeres († 2025). 1949 – Estian Calitz, Suid-Afrikaanse ekonoom en emeritus professor van die Universiteit Stellenbosch. 1950 – Martin McGuinness, Noord-Ierse republikeinse politikus († 2017). 1958 - Drew Carey, Amerikaanse akteur en komediant. 1969 – Kobie van Rensburg, Suid-Afrikaanse tenoor en operadirekteur. 1972 – Rubens Barrichello, Brasiliaanse Formule Een-renjaer.
Sterftes 230 – Pous Urbanus I, sewentiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1423 – Teenpous Benedictus XIII (* 1328). 1498 – Girolamo Savonarola, Florentynse Dominikaanse hervormer (* 1452). 1699 – Abadin Tadia Tjoessoep, Indonesiese Moslem van adellike afkoms wat Islam aan die Kaap gevestig het (* 1626). 1838 – Jan Willem Janssens, laaste Nederlandse goewerneur van die Kaap (* 1762). 1857 – Augustin Louis Cauchy, Franse wis- en natuurkundige (* 1789). 1906 – Henrik Ibsen, Noorse dramaturg en kritikus (* 1828). 1926 – Hans von Koessler, Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser (* 1853). 1944 – Grete Berger, Duitse aktrise (* 1883). 1992 – Joyce Barker, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1931). 2017 – Roger Moore, Engelse akteur (* 1927). 2021 – Lorrae Desmond, Australiese aktrise (* 1929).
Vakansiedae
Kategorie:Mei