12 Mei is die 132ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (133ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 233 dae in hierdie jaar.

Gebeure 254 – Pous Stefanus I volg Pous Lucius I op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1012 – Teenpous Gregorius VI word pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1191 – Richard I van Engeland trou met Berengaria van Navarre. 1264 – Die Slag van Lewes begin. 1328 – Keiser Lodewyk IV (die Beier) stel Teenpous Nicolaas V aan as pous. 1367 – Pous Urbanus V stel Guillaume d”Aigrefeuille die Jongere, aan as kardinaal priester van St. Étienne by Mont Cœlius. 1588 – Henry III van Frankryk vlug uit Parys nadat Henry van Guise die stad binnekom. 1619 – Johan van Oldenbarnevelt word weens hoogverraad ter dood veroordeel . 1689 – Koning Willlem se Oorlog: Willem III van Engeland sluit aan by die Bond van Augsburg en verklaar oorlog teen Frankryk. 1718 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word goewerneur van Rieti. 1797 – Eerste Koalisie: Napoleon I van Frankryk verower Venesië. Die republiek van Venesie was vanaf 726 ´n onafhanklike land gewees. 1820 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word vikaris-generaal van Rome. 1832 – In die Teatro della Canobbiana, te Milaan, begin die eerste opvoering van die opera L'elisir d'amore (die liefdeselixier) van die Italiaanse komponis Gaetano Donizetti. 1870 – Manitoba word 'n provinsie van Kanada. 1873 – Oscar II van Swede-Noorweë gekroon as koning van Swede. 1881 – In Noord-Afrika, word Tunisië 'n Franse protektoraat. 1885 – Die vierdaagse Slag van Batoche kom tot 'n einde met 'n oorwinning oor die rebelle. 1901 – Die Britse stoomskip Hermes strand op Bloubergstrand by Kaapstad. 1931 – Die bevrore lyk van Alfred Wegener word in Groenland gevind. 1932 – Tien weke na sy ontvoering word die seun van Charles Lindbergh dood teruggevind. 1935 – Robert Smith en Bill Wilson stig die AA ("Alcoholics Anonymous"). 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die Nederlandse mynvëer Bulgia word tydens ´n aanval deur ´n Duitse vegvliegtuig gesink en 13 matrose sterf tydens die aanval. 1949 – Die Sowjetunie staak die Blokkade van Berlyn. 1965 – Die onbemande Sowjetruimtevaartuig Loenik 5 stort op die maan neer. 1967 – Pink Floyd hou die eerste kwadrofoniese rockkonsert. 1976 – Die Spaanse olietenkskip Urquiola loop by La Coruña aan land en besoedel ongeveer 100 kilometer se strand met ruolie. 2000 – Die Tate Modern-kunsmuseum open in Londen 2002 – Voormalige President Jimmy Carter arriveer in Kuba vir 'n vyfdagbesoek aan Fidel Castro en is die eerste President van die Verenigde State wat Kuba besoek sedert Castro se 1959-rewolusie. 2008 – 'n Aardbewing in Sentraal-China van 7,5 op die Richterskaal eis meer as 50 000 lewens. 2010 – Afriqiyah Lugdiens Vlug 771 stort neer by die Tripoli Internasionale Lughawe in Libië. Die vlug vanaf Suid-Afrika het 104 passasiers aan boord gehad. 103 mense sterf en een seun (9 jaar) uit die Nederlande oorleef.

Geboortes 1330 – Willem V van Holland, graaf van Holland († 1389). 1496 – Gustav I van Swede, koning van Swede († 1560). 1670 – Koning August II van Pole († 1733). 1794 – Sir George Cathcart, Britse generaal, diplomaat en goewerneur van die Kaapkolonie († 1854). 1803 – Justus von Liebig, Duitse chemikus († 1873). 1820 – Florence Nightingale, Engelse verpleegster, bekend as "die dame met die lamp" († 1910). 1828 – Dante Gabriel Rossetti, Italiaanse digter en skilder († 1882). 1842 – Jules Massenet, Franse komponis († 1912). 1845 – Gabriel Fauré, Franse komponis († 1924). 1872 – Henry Sampson, leier van die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty († 1938). 1890 – Kurt Student, Duitse generaal († 1978). 1900 – Helene Weigel, Duitse aktrise († 1971). 1907 – Katharine Hepburn, Amerikaanse aktrise († 2003). 1910 – Dorothy Crowfoot Hodgkin, Britse chemikus, grondlegger van proteïenkristallografie († 1994). 1914 – Howard K. Smith, joernalis († 2002). 1914 – Bertus Aafjes, Nederlandse skrywer en digter († 1993). 1921 – Joseph Beuys, Duitse beeldhouer en kunstenaar († 1986). 1923 – Daniel Steyn, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2017). 1924 – Tony Hancock, komediant († 1968). 1926 – Marilyn Knowlden, Amerikaanse aktrise († 2025). 1928 – Burt Bacharach, Amerikaanse komponis en liedjieskrywer († 2023). 1929 – Sam Nujoma, Namibiese politikus en eerste president van Namibië (1990–2005) († 2025). 1931 – Stella Branca, Afrikaanse skrywer en kunstenaar († 2020). 1937 – George Carlin, Amerikaanse komediant († 2008). 1948 – Rob Davies, ANC-politikus en van 2009 tot 2019 die Minister van Handel en Nywerheid. 1952 – Membathisi Mdladlana, Suid-Afrikaanse politikus, hoë kommissaris in Kanada. 1961 – Zandile Gumede, politikus en voorheen burgemeester van eThekwini. 1962 – Emilio Estevez, Amerikaanse akteur. 1966 – Stephen Baldwin, Amerikaanse akteur. 1975 – Jonah Lomu, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2015). 1980 – Rishi Sunak, Britse politikus en voormalige Eerste minister van die Verenigde Koninkryk. 1980 – Nadia G, Kanadese aktrise.

Sterftes 1003 – Pous Silvester II, die 139ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±945). 1012 – Pous Sergius IV, die 142ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±970). 1884 – Bedrich Smetana, Tsjeggiese komponis (* 1824). 1931 – Eugène Ysaÿe, Belgiese violis en komponis (* 1858). 1935 – Józef Piłsudski, president van Pole (* 1867). 1937 – Carl Petterson, Sweedse seeman en avonturier (* 1875). 1947 – Walter Madeley, leiersfiguur in die SA Arbeidersparty (* 1873). 1956 – Louis Calhern, Amerikaanse stil-filmakteur (* 1895). 1957 – Erich von Stroheim, Amerikaanse akteur, regisseur en vervaardiger (* 1885). 1966 – Felix Steiner, Duitse generaal (* 1896). 1976 – Rudolf Kempe, Duitse dirigent (* 1910). 1980 – Lillian Roth, Amerikaanse aktrise (* 1910). 1985 – Jean Dubuffet, Franse skilder en beeldhouer (* 1901). 1986 – Elisabeth Bergner, Duitse aktrise (* 1897). 1988 – Chet Baker, jazz trompetspeler (* 1929). 1992 – Robert Reed, Amerikaanse akteur, The Brady Bunch (* 1932). 1994 – Erik Erikson, Duits-Amerikaanse ontwikkelingsielkundige (* 1902). 2001 – Perry Como, Amerikaanse sanger en TV-aanbieder (* 1912). 2013 – Nico van Rensburg, Afrikaanse boeremusieklegende en konsertinaspeler (* 1937). 2014 – Cornell Borchers, Duitse aktrise (* 1925). 2015 – Ruth Mompati, Suid-Afrikaanse politikus en ambassadeur (* 1925). 2018 – Sam Nzima, Suid-Afrikaanse fotojoernalis (* 1934).

Vakansiedae Internasionale Dag van die Verpleegkunde Moedersdag – 2024

Kategorie:Mei