17 Mei is die 137ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (138ste in skrikkeljare). Daar volg nog 228 dae.
Gebeure 352 – Pous Liberius volg Pous Julius I op. 884 – Pous Adrianus III volg Pous Marinus I op. 1012 – Pous Benedictus III volg Pous Sergius IV op. 1218 – Pous Honorius III verklaar Guillaume, aartsbiskop van Bourges heilig. 1570 – Pous Pius V stel nog sestien nuwe kardinale aan waaronder Felice Peretti da Montalto (later Pous Sixtus V). 1590 – Anna van Denemarke word gekroon as koningin van Skotland. 1642 – Paul Chomedey, sieur de Maisonneuve (1612-1676) stig die Ville Marie de Montréal. 1673 – Louis Joliet en Jacques Marquette begin die verkenning van die Mississippi Rivier. 1706 – Pous Clemens XI stel 20 nuwe kardinale aan, waaronder Lorenzo Corsini later Pous Clemens XII. 1775 – Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog: Die Continental Kongres verklaar handel met Kanada as onwettig. 1792 – Die New Yorkse Effektebeurs gestig. 1809 – Napoleon I van Frankryk beveel die aneksasie van die Vatikaan vir die Franse ryk. 1814 – Noorweë verkry ´n eie grondwet. 1814 – Beheer oor Monaco verwissel van Frankryk na Oostenryk. 1846 – Die saxofoon word deur Adolphe Sax gepatenteer. 1868 – Kondō Isami, Japannese swaardvegter en samoerai van die laat Edo-periode (* 1834). 1915 – Die val van die laaste Britse Liberale Party-regering (Herbert Henry Asquith). 1933 – In die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing steun kiesers die samesmelting tussen die Suid-Afrikaanse Party en Nasionale Party. 1933 – Vidkun Quisling en Johan Bernhard Hjort vorm die Nasjonal Samling – die nasionaal-sosialistiese party van Noorweë. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland beset Brussel, die hoofstad van België. 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Oorlewende Britse Lugmag "Dam Busters" keer terug na hul basis. 1943 – Die Amerikaanse Leër sluit ’n kontrak met die Universiteit van Pennsilvanië se Moore School om die ENIAC te ontwikkel. 1944 – Tipe IX duikboot U-884 word te water gelaat. 1967 – Sesdaagse Oorlog: President Abdul Nasser van Egipte dring aan op die ontbinding van die VN vredesmag in Israel. 1969 – Wenera-ruimteprogram: Die Russiese Wenera 6 begin sy landing op Venus, voor dit vernietig word deur atmosferiese druk. 1970 – Thor Heyerdahl seil vanaf Marokko op die papirus boot Ra II om die Atlantiese Oseaan te bevaar. 1971 – Swartrenosters word in die Krugerwildtuin hervestig. 1983 – Libanon, Israel en die Verenigde State teken 'n ooreenkoms vir die onttrekking van Israel uit Libanon. 1987 – Iran-Irakse Oorlog: Die USS Stark (FFG-31) word deur 'n missiel van 'n Irakse Mirage-vegvliegtuig getref. Van die bemanning sterf 37 en 21 word gewond. 1995 – Jacques Chirac word President van Frankryk. 1999 – Ehud Barak verkies as Eerste Minister van Israel.
Geboortes 1682 – Bartholomew Roberts, Walliese seerower aan die kus van die Amerikas en Wes-Afrika († 1722). 1747 – Johannes Theodorus van der Kemp, Nederlandse militêre offisier, dokter en sendeling van die Londense Sendinggenootskap († 1811). 1749 – Edward Jenner, Britse dokter wat 'n entstof teen pokke ontwikkel het († 1823). 1866 – Erik Satie, Franse pianis en komponis († 1925). 1867 – Gerrit Mannoury, Nederlandse filosoof en wiskundige († 1956). 1898 – Dr. F.C.L. Bosman, lektor, skrywer en redakteur van Afrikaanse geskrifte († 1981). 1904 – Jean Gabin, Franse akteur († 1976). 1911 – Maureen O'Sullivan, Iers-Amerikaanse aktrise († 1998). 1921 – Dennis Brain, Britse virtuoos horingspeler († 1957). 1922 – Stephanus Francois Kotzé, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Plurale Ontwikkeling († 2005). 1922 – Antje Weisgerber, Duitse aktrise († 2004). 1924 – Hannes Messemer, Duitse akteur († 1991). 1926 – Dmitri Romanowitsj Romanof, Russiese prins, bankier, filantroop en skrywer († 2016). 1928 – Idi Amin, Afrika-diktator, president van Uganda († 2003). 1929 – Jo Onderstall, Suid-Afrikaanse amateur-plantkundige († 2016). 1936 – Dennis Hopper, Amerikaanse akteur († 2010). 1946 – Udo Lindenberg, Duitse musikant. 1949 – Aletta Bezuidenhout, Suid-Afrikaanse aktrise († 2024). 1955 – Dr. Theuns Eloff, Suid-Afrikaanse akademikus en politieke aktivis. 1955 – Bill Paxton, Amerikaanse akteur. 1956 – Sugar Ray Leonard, Amerikaanse bokser. 1956 – Bob Saget, Amerikaanse akteur († 2022). 1961 – Enya (Eithne Patricia Ní Bhraonáin), Ierse sangeres. 1961 – Máxima Zorreguieta, koningin van die Nederlande (sedert April 2013), eggenote van koning Willem-Alexander.
Sterftes 1510 – Sandro Botticelli, Italiaanse skilder en tekenaar van die vroeë renaissance.(* 1445). 1587 – Gotthard von Kettler, laaste Landmeester van die Duitse Orde in Lyfland en vanaf 1561 die eerste Hertog van Koerland en Semgale (* 1517). 1727 – Katharina I van Rusland, keiserin van Rusland en vrou van tsaar Pieter die Grote. (* 1684). 1765 – Alexis-Claude Clairaut, Franse wiskundige, fisikus en denker (* 1713). 1838 – Charles Maurice de Talleyrand, Franse diplomaat (* 1754). 1886 – John Deere, Amerikaanse grofsmid en uitvinder (* 1804). 1935 – Paul Dukas, Franse komponis (* 1865). 1973 – Maggie Laubser, Suid-Afrikaanse skilder (* 1886). 1977 – M.L. de Villiers, Afrikaanse predikant en musikus, komponis van Die Stem van Suid-Afrika (* 1885). 1978 – Armin Wegner, Duitse skrywer en menseregte-aktivis (* 1886). 2012 – Donna Summer, Amerikaanse sangeres (* 1948). 2022 – Vangelis, Griekse komponis (* 1943). 2023 – Ray Austin, Engelse akteur, regisseur en filmvervaardiger (* 1932). 2024 – Sid Going, Nieu-Seelandse rugbyspeler (* 1943).
Vakansiedae Nasionale Dag van Noorweë (Grunnlovsdagen, "Grondwetdag"). Bahá'í geloof – Fees van 'Azaamat (Grandeur) – Eerste dag van die vierde maand van die Bahá'í Kalender.
Gepubliseer Teologie 1835 – Commissum divinitus: Oor Kerk en Staat - deur Pous Gregorius XVI.
Kategorie:Mei