14 Mei is die 134ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (135ste in skrikkeljare). Daar volg nog 231 dae in die jaar.
Gebeure 1202 – Pous Innocentius III verklaar Wulstan, biskop van York, heilig. 1254 – Pous Innocentius IV maak Edmund Lancaster, die nege-jarige seun van Hendrik III van Engeland, koning van Sisilië. 1264 – Slag van Lewes: Hendrik III van Engeland gevange geneem in Frankryk en sodoende word Simon de Montfort die heerser van Engeland. 1509 – Slag van Agnadello: In Noord-Italië oorwin Franse magte Venesiërs. 1643 – Vierjarige Lodewyk XIV word Koning van Frankryk ná die dood van sy vader, Lodewyk XIII. 1796 – Die eerste inentings teen die pokke deur Edward Jenner. 1804 – Die Lewis-en-Clark-ekspedisie vertrek vanaf Kamp Dubois en begin hulle historiese reis deur met die Missouririvier op te vaar. 1870 – Die eerste rugbywedstryd in Nieu-Seeland word in Nelson gespeel tussen Nelson College en die Nelson Rugby Football Klub. 1889 – Children's Cruelty Charity NSPCC word in Londen gestig. 1900 – Die 1900 Somer Olimpiese Spele open in Parys, Frankryk. 1913 – Die Frans Hals-museum open in Haarlem, Noord-Holland. 1927 – Cap Arcona te water gelaat, Blohm & Voss skeepswerf, in Hamburg. 1935 – Filippyne onderteken 'n onafhanklikheidsooreenkoms. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die Duitse Luftwaffe bombardeer die Nederlandse stad Rotterdam. 1948 – David Ben-Gurion verklaar met die Israeliese onafhanklikheidsverklaring die onafhanklikheid van Israel en 'n voorlopige regering word gestig. 1955 – Koue Oorlog: Agt lande in die Kommunistiese blok, insluitende die Sowjetunie, teken 'n gemeenskaplike beskermingsverdrag wat die Warskou-verdrag heet. Dit geskied as reaksie teen Wes-Duitsland se toetrede tot die NAVO. 1970 – Die Rote Armee Fraktion word in Duitsland gestig. 1973 – Skylab, die Verenigde State se eerste ruimtestasie word gelanseer. 1995 – Tenzin Gyatso, die 14de Dalai Lama verklaar die 6-jarige Gedhun Choekyi Nyima as die elfde reïnkarnasie van die Panchen Lama. 1997 – Die Star Alliance word gevorm deur Air Canada, Lufthansa, Scandinavian Airlines, Thai Airways International en United Airlines. 1999 – Die sewende Krieketwêreldbeker begin in Engeland, Ierland, Nederland, Skotland en Wallis. 2004 – Huwelik van Frederik, Kroonprins van Denemarke en Mary Donaldson in Kopenhagen. 2010 – Die ruimtependeltuig Atlantis begin sy tweedelaaste sending, STS-132. 2015 – Hemelvaartsdag.
Geboortes 1699 – Ryk Tulbagh, goewerneur van die Kaapkolonie († 1771). 1737 – Lord George Macartney, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop van 1796 tot 1798 († 1806). 1812 – Jan Viljoen, pionier, soldaat en jagter († 1893). 1880 – Wilhelm List, Duitse veldmaarskalk († 1971). 1885 – Otto Klemperer, Duitse dirigent († 1973). 1900 – Johannes du Plessis Scholtz, Suid-Afrikaanse skrywer, taalhistorikus en kunsversamelaar († 1990). 1907 – Mohamed Ayub Khan, soldaat en president van Pakistan († 1974). 1914 – Blaar Coetzee, Suid-Afrikaanse politikus, koerantman en sakeman († 1974). 1928 – Madeleine van Biljon, Suid-Afrikaanse skrywer en joernalis († 2010). 1936 – Bobby Darin, Amerikaanse sanger († 1973). 1944 – George Lucas, Amerikaanse filmvervaardiger. 1945 – Yochanan Vollach, sokkerspeler. 1947 – Hans Strydom, Suid-Afrikaanse akteur. 1948 – Bob Woolmer, Britse krieketspeler en -afrigter († 2007). 1950 – Mark Blum, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2020). 1961 – Tim Roth, Engelse akteur. 1967 – Vuyo Mbuli, Suid-Afrikaanse radio- en TV-aanbieder († 2013). 1969 – Cate Blanchett, Australiese aktrise. 1972 – Ike Moriz, Duitsgebore Suid-Afrikaanse popster, sanger, akteur en liedjieskrywer. 1984 – Mark Zuckerberg, Amerikaanse rekenaarprogrameerder, ondernemer en multimiljardêr (stigter van Facebook). 1986 – Simon Magakwe, Suid-Afrikaanse naelloper. 1993 – Dane van Niekerk, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
Sterftes 649 – Pous Theodorus I, 73ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend) 964 – Pous Johannes XII, 130ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (± 937). 1610 – Koning Hendrik IV van Frankryk. 1643 – Lodewyk XIII van Frankryk (* 1601). 1781 – Abram Gannibal, 'n slaaf uit Afrika, later generaal-majoor, militêre ingenieur en goewerneur van Rewal (* 1696). 1912 – August Strindberg, Sweedse outeur (* 1849). 1912 – Frederik VIII, koning van Denemarke (* 1843). 1940 – Willem Johannes Leyds, Nederlandse prokureur, staatsman en Staatsekretaris in die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1859). 1940 – Menno ter Braak, Nederlandse modernistiese skrywer (* 1902). 1940 – E. du Perron, Nederlandse digter en skrywer (* 1899). 1940 – Emma Goldman, Amerikaanse anargis en feminis (* 1869). 1954 – Heinz Guderian, Duitse generaal (* 1888). 1968 – Husband Kimmel, Amerikaanse admiraal (* 1882). 1987 – Rita Hayworth, Amerikaanse aktrise van films en danser (* 1918). 1988 – Willem Drees, Nederlandse eerste minister (* 1886). 1996 – Elsabe Steenberg, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1938). 1998 – Frank Sinatra, Amerikaanse sanger en akteur (* 1915). 2000 – Keizō Obuchi, Eerste minister van Japan (* 1937). 2003 – Robert Stack, Amerikaanse akteur (* 1919). 2010 – Frederik van Zyl Slabbert, Suid-Afrikaanse politikus, akademikus en sakeman (* 1940). 2015 – B.B. King, Amerikaanse blues sanger (* 1925). 2025 – Cornal Hendricks, Suid-Afrikaanse rugbyspeler (* 1988).
Vakansiedae Paraguay – Onafhanklikheidsdag Moedersdag – 2023, 2028 Voorheen feesdag van Pous Paschalis I in die Rooms-Katolieke Kerk. Tans 11 Februarie.
Kategorie:Mei