13 Mei is die 133ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (134ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 232 dae in hierdie jaar.

Gebeure 535 – Pous Agapetus I volg Pous Johannes II op. 609 – Die kerk van Maria en alle martelare wat op die plek van die Panteon gebou is, word deur Pous Bonifatius IV ingewy. 1572 – Pous Gregorius XIII volg Pous Pius V op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1585 – Pous Sixtus V stel sy kleinneef Alessandro Damasceni (14 jaar oud) aan as kardinaal. 1607 – Jamestown, Virginië bewoon as 'n Engelse kolonie. 1619 – Nederlandse staatsman Johan van Oldenbarnevelt word tereggestel in Den Haag nadat hy aangekla is van verraad. 1653 – Fabio Chigi (later Pous Alexander VII) word aartsbiskop van Imola. 1787 – Kaptein Arthur Phillip verlaat Portsmouth, Engeland met elf skepe vol gevangenes om 'n gevangeniskolonie te stig in Australië. 1830 – Ecuador verkry onafhanklikheid. 1846 – Mexikaanse-Amerikaanse Oorlog: Die Verenigde Koninkryk verklaar oorlog teen Mexico. 1848 – Eerste uitvoering van Finland se volkslied. 1871 – Die Italiaanse parlement erken die soewereiniteit van die Pous. 1880 – Thomas Edison toets sy elektriese spoorweg vir die eerste keer in Menlo Park, New Jersey. 1884 – Sir Thomas Upington word eerste minister van die Kaapkolonie. 1888 – Brasilië stop die praktyk van slawerny. 1912 – In die Verenigde Koninkryk, word die Royal Flying Corps (nou genoem die Royal Air Force) gevorm. 1913 – Igor Sikorsky word die eerste persoon wat 'n viermotorige vliegtuig vlieg. 1917 – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word biskop gewy. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Nazi Duitsland se inval van Frankryk begin toe die Duitse weermag die Meuserivier oorsteek. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Koningin Wilhelmina van Nederland vlug voor die Nazi-inval van Nederland na Groot-Brittanje. Prinses Juliana neem haar kinders na Kanada vir hulle veiligheid. 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse Afrika Korps en Italiaanse troepe in Noord-Afrika gee oor aan die geallieerde magte. 1958 – Pierre Pflimlin word Eerste Minister van Frankryk 1958 – Velcro se handelsmerk word geregistreer. 1960 – Dhaulagiri, die 7de hoogste berg word geklim. 1969 – Rassebetoogings in Kuala Lumpur, Malaysië, later bekend as die May 13 Incident. 1978 – Rebelle beset Kolwezi in Zaïre en neem omtrent 3,000 Europeërs as gyselaars, van wie omtrent 280 vermoor word. 1981 – Mehemet Ali Agca probeer om Pous Johannes Paulus II om die lewe te bring by die St. Peter Plein in Rome. 2000 – Vuurwerkfabriek in Enschedese wyk Roombeek ontplof, waartydens 23 mense sterf.

Geboortes 1655 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII), die 244ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1724). 1713 – Alexis Clairaut, Franse wiskundige en denker († 1765). 1792 – Pous Pius IX, die 255ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1878). 1840 – Alphonse Daudet, bekende 19de eeuse Franse skrywer († 1897). 1887 – Elena Caragiani-Stoenescu, eerste vroulike vlieënier in Roemenië († 1929). 1904 – W.A. Willemse, hoogleraar in Sielkunde aan die Universiteit van Pretoria en vader van Marike de Klerk, gewese vrou van president F.W. de Klerk († 1945). 1907 – Dame Daphne du Maurier, Britse outeur († 1989). 1914 – Joe Louis, Amerikaanse bokser († 1981). 1922 – Bea Arthur, Amerikaanse aktrise († 2009). 1924 – Harry Schwarz, Suid-Afrikaanse politikus en VN-ambassadeur († 2010). 1939 – Harvey Keitel, Amerikaanse akteur. 1949 – Glenda Kemp, Suid-Afrikaanse ontkleedanseres, aktivis en onderwyseres. 1950 – Stevie Wonder, sanger, pianis en tromspeler. 1968 – Scott Morrison, 30ste Eerste Minister van Australië. 1977 – Tom Cotton, junior senator vir Arkansas. 1980 – Jaco Peyper, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter. 1983 – Grégory Lemarchal, Franse sanger († 2007). 1989 – Melinda Bam, Suid-Afrikaanse internasionale model, Mej. Suid-Afrika 2011. 2004 – Pieter Coetzé, 'n Suid-Afrikaanse swemmer.

Sterftes 1925 – Alfred Milner, goewerneur van die Kaapkolonie en lid van die Britse kabinet (* 1852). 1930 – Fridtjof Nansen, Noorse ontdekkingsreisiger en wenner van die Nobelprys vir Vrede (* 1861). 1947 – Prof. Nicolaas Johannes Brümmer, Afrikaanse skrywer, NG predikant en hoogleraar aan die Kweekskool (* 1866). 1961 – Gary Cooper, Amerikaanse akteur (* 1901). 1972 – Dan Blocker, Amerikaanse akteur (* 1928). 1981 – Josef-Ernst Fürst Fugger von Glött, Duitse politikus (* 1895). 1984 – Stanislaw Ulam, Pools-Amerikaanse wiskundige en kernfisikus (* 1909). 2009 – Monica Bleibtreu, Oostenrykse aktrise (* 1944). 2019 – Doris Day, Amerikaanse aktrise (* 1922). 2022 – Khalifa bin Zayed Al Nahayan, President van die Verenigde Arabiese Emirate (* 1948).

Vakansiedae Moedersdag – 2029

Kategorie:Mei