11 Mei is die 131ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (132ste in ’n skrikkeljaar). Daar is nog 234 dae in hierdie jaar oor.

Gebeure 330 – Bisantium word gedurende ’n seremonie as Konstantinopel hernoem. 868 – Die Diamantsoetra word vervaardig, die oudste gedrukte Chinese boek. 1502 – Christophorus Columbus vertrek op sy vierde en laaste reis na Wes-Indië. 1792 – Kaptein Robert Gray word die eerste wit man om die Columbiarivier te ontdek. 1812 – Die Britse Eerste Minister Spencer Perceval word vermoor deur 'n bankrot bankier in die ontvangsportaal van die Britse Laerhuis. 1813 – Britse setlaars ontdek 'n roete oor die Blue Mountains, wat die binneland van Australië oopmaak vir nedersetting. 1818 – Charles XIV van Swede-Noorweë word as die Koning van Swede gekroon. 1820 – Tewaterlating van die HMS Beagle. 1857 – Indiese rebelle verower die stad Delhi van die Engelse koloniale magte. 1858 – Minnesota word die 32ste deelstaat van die Verenigde State van Amerika. 1928 – Die eerste analoog-TV-diens word deur WGY, Schenectady in New York begin. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Duitse invallers bereik die Albertkanaal. 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Huize Kleykamp waar die Nederlandse sentrale bevolkingsregister gehou word, word deur die Britse Lugmag gebombardeer. 1949 – Siam verander sy naam uiteindelik in Thailand. 1949 – Die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies verleen met resolusie 273 lidmaatskap van die VN aan Israel. 1950 – Myngasontploffing in die Belgiese streek van Borinage: 130 mynwerkers sterf. 1960 – Die hooggeplaaste Nazi-funksionaris Adolf Eichmann word in Argentinië deur die Israeliese geheime diens Mossad gekaap. 1987 – Die eerste hart-longoorplanting vind in Baltimore, Maryland, VSA plaas. 1995 – In New York besluit meer as 70 lande om die Nuclear Nonproliferation Treaty onvoorwaardelik te verleng. 1996 – 'n Mcdonnell Douglas DC-9 van die Amerikaanse laekosteredery ValuJet Airlines stort by Miami in die moerasgebied van die Everglades Nasionale Park, Florida, neer: 109 insittendes sterf. 1997 – IBM se Deep Blue-skaaksuperrekenaar wen teen Garry Kasparov en word die eerste rekenaar om ’n wêreldkampioen-skaakspeler te klop. 2011 – Microsoft koop Skype aan vir VS$8,5 miljard.

Geboortes 1865 – J.H. Leopold, Nederlandse digter († 1925). 1888 – Irving Berlin, Amerikaanse komponis († 1989). 1892 – Pieter Hamersma, lid van die Kaapse Provinsiale Raad en vooruitstrewende Karooboer († 1953). 1892 – Margaret Rutherford, Britse aktrise († 1972). 1897 – Boerneef, Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus († 1967). 1904 – Salvador Dalí, Spaanse surrealistiese skilder: The Persistence of Memory († 1989). 1905 – Ida Gerhardt, klassikus en Nederlandse digteres van die na-simboliese tradisie († 1997). 1911 – Phil Silvers, Amerikaanse akteur en komediant († 1985). 1948 – Willies Mchunu, politikus en 7de premier van KwaZulu-Natal. 1952 – Reza de Wet, Afrikaanse skrywer en dramaturg († 2012). 1952 – Frances Farmer, Britse aktrise († 1970). 1959 – Jimmy Abbott, Suid-Afrikaanse swaargewigbokser, rofstoeier en evangelis († 2021). 1963 – Natasha Richardson, Brits-Amerikaanse aktrise († 2009). 1977 – Victor Matfield, Suid-Afrika se twee-en-vyftigste Springbokkaptein. 1989 – Ashleigh Simon, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler. 1990 – Richard Gadd, Skotse akteur, skrywer en komediant. 2000 – Yuki Tsunoda, Japannese Formule 1-motorrenjaer.

Sterftes 912 – Leo VI, keiser van Bisantium (* 866). 1812 – Spencer Perceval, Britse staatsman, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1762). 1871 – John Herschel, Britse wiskundige, sterrekundige, apteker en eksperimentele fotograaf/uitvinder (* 1792). 1916 – Max Reger, Duitse komponis (* 1873). 1973 – Lex Barker, Amerikaanse akteur (* 1919). 1976 – Alvar Aalto, Finse argitek en ontwerper (* 1898). 1981 – Bob Marley, Jamaikaanse reggae-sanger en musikant (* 1945). 1985 – Garmt Stuiveling, Nederlandse digter (* 1907). 1995 – Boris Pash, Amerikaanse militêre intelligensie-offisier (* 1900). 1995 – John Phillips, Engelse akteur (* 1914). 1998 – Willy Corsari (100), Wilhelmina Schmidt, Nederlandse skrywer (* 1897). 2001 – Douglas Adams, Britse skrywer (* 1952). 2016 – Winnie Rust, Afrikaanse skrywer (* 1939). 2020 – Jerry Stiller, Amerikaanse akteur (* 1927). 2021 – Norman Lloyd, Amerikaanse akteur, op ouderdom 106 (* 1914). 2022 – Shireen Abu Akleh, Palestyns-Amerikaanse joernalis (* 1971).

Herdenkingsdae Moedersdag – 2025

Verwysings

Kategorie:Mei