Die wildeappelkoos (Dovyalis zeyheri) is 'n klein boompie wat in die bosveld voorkom, dikwels tussen rotse vanaf Knysna noordwaarts onder die platorand tot by die Limpoporivier en hiervandaan weswaarts tot by Mahikeng. Dit kom ook in die sentrale en oostelike deel van Zimbabwe en ook in Eswatini voor. Ander name hiervoor is umNyazuma in Zoeloe, umQokokolo in Xhosa en morethema in Noord-Sotho. Die boom se FSA-nommer is 511.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Dovyalis Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe