Die rooipeer (Scolopia mundii) is 'n boom en kan tot 15 meter hoog raak maar is normaalweg kleiner. Die boom kom in Afromontane woud voor vanaf Kaapstad tot in die noordelike Drakensberg en wes van Gauteng. Hulle is ook inheems in Eswatini en Lesotho. Die boom se FSA-nommer is 496.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ Die boom staan ook as die bergsaffraan, bergsaffraanhout en klipdoring bekend.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bron
Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Kategorie:Bome van Afrika mundii Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Suid-Afrika