Vitamien A 220px|Vitamien A se chemiese struktuur 220px|Vitamien A ruimtevullend Chemie Chemiese formule C20H30O Molêre massa 286.4516 g/mol Oplosbaarheid CAS registernommer 68-26-8
Vitamien A is 'n komplekse vetoplosbare vitamien wat in twee vorme voorkom: Retinol Betakaroteen
Vitamien A (retinol of akseroftol) kan in die menslike dunderm van die provitamien karoteen vervaardig word. Veral groente soos wortels en pampoen (die met donkergeel kleure) is 'n goeie bron hiervan. Die gebreksiekte wat ontstaan weens 'n vitamien A-tekort is nagblindheid (hemeralopie), want vitamien A is noodsaaklik om 'n verbinding met gesigspurper (rodopsien) te vorm.
Die proteïen kom in die stafies van die retina voor en dit maak sig in die donker moontlik. Xeroftalmie, 'n toestand waarby die bindvlies van die oog (konjunktiva), en in sommige gevalle ook die horingvlies (kornea), uitdroog, is 'n gebreksiekte wat ook deur 'n vitamien A-tekort veroorsaak word. Die gebreksiekte is een van die grootste oorsake van blindheid by kinders in Afrika en Asië.
Indien die slagoffers vroegtydig met vitamien A behandel word, kan die siekte genees word, maar as die pasiënt eers blind is, is die toestand blywend. Die vel kan ook tydens 'n gebrek 'n abnormale keratinisasie ondergaan, sodat dit droog en skurf word.
Bronne Alle lewende organismes benodig vitamien A, maar mense en diere kan dit nie self sintetiseer nie. Dit moet uit hul dieet verkry word.
Bron Wêreldspektrum, 1982, , volume 28, bl. 175
Kategorie:Vitamines