Vette sluit 'n groot groep organiese materie in wat ook in die mens se normale dieet voorkom. duimnael|300px|regs|Struktuurformule van 'n trigliseried.1. Die blou vetsuurketting is versadig: dit bevat geen dubbele of drievoudige bindings nie.2. Die groen en rooi vetsuurkettings is onderskydelik enkelvoudig en drievoudig onversadig, met alle dubbelbindinge in die cis-konfigurasie.3. In swart is 'n veresterde gliserol herkenbaar.

versadigde vetsure onversadigde vetsure mono-onversadigde vetsure poli-onversadigde vetsure omega-3 vetsure omega-6 vetsure

Chemie Vette vorm 'n uitgebreide groep van organiese verbindings wat almal uit trigliseriede bestaan. Dit is 'n ester bestaande uit gliserol, 'n drie-funksionele alkohol en drie vetsuurgroepe. Die soort vet word bepaal deur die vetsuur wat aanwesig is en die ander deel wat dan nie-verseepbare bestanddele bevat. Vette is gewoonlik onoplosbaar in water, omrede die aanwesigheid van die nie-polêre koolstofbindings.

Noodsaaklikheid Vet is 'n belangrike verskaffer van essensiële vetsure, wat onontbeerlik is vir die liggaam om nuwe selle te vorm. Dit is verder nodig aangesien Vitamien A, D, E en K vetoplosbaar is en hul absorpsie in die liggaam slegs kan plaasvind waar genoegsame vette teenwoordig is.

Kategorie:Diereprodukte Kategorie:Kosbestanddele