Die Komkommerbos (Thilachium africanum) is 'n klein boom wat inheems is in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga asook Eswatini, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Tanzanië en Zimbabwe. Die boom verkies laagliggende bosveld en die blare is enkelvoudig of getrifolioleer. Die blare is leeragtig met 'n ingeduikte hoofaar. Die vrug is 'n houtagtige peul, word tot 60mm lank en het 12 duidelike riwwe.
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zimbabwe