Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Roma.

Romani of Romanes (romani ćhib) is 'n Indo-Ariese taal wat hoofsaaklik in Sentraal- en Oos-Europa deur 3 miljoen Roma gepraat word. Dit is verwant aan Hindi en Oerdoe. In Kosowo en Noord-Masedonië word Romani as plaaslike ampstaal erken en in Duitsland, Finland, Hongarye, Noorweë, Oostenryk, Roemenië, Slowenië en Swede word Romani amptelik as minderheidstaal erken.

Die belangrikste dialekte (volgens moedertaalsprekers) is: Vlax-Romani (500 000), Balkan-Romani (600 000) en Sinte-Romani (300 000). Die verskille tussen verskeie variëteite is so groot soos, byvoorbeeld, die verskille tussen verskeie Slawiese tale.

Verwysings

Kategorie:Indo-Ariese tale Kategorie:Tale van Duitsland Kategorie:Tale van Finland Kategorie:Tale van Hongarye Kategorie:Tale van Kosovo Kategorie:Tale van Noord-Masedonië Kategorie:Tale van Noorweë Kategorie:Tale van Oostenryk Kategorie:Tale van Roemenië Kategorie:Tale van Slowenië Kategorie:Tale van Swede