Die Afrikaharpuisboom (Ozoroa reticulata) is 'n boom. Dit kom in Zimbabwe en ook in die bosveldplantegroei in die noorde van Botswana en Namibië voor. Die boom het smal blare met 'n spitslopende punt en 'n mukro. Die onderkante van die blare en die stingels is dig met hare bedek wat geel tot roeskleurig van kleur is.

Die boom se FSA-nommer is 376.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bron Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië