Die Namibharpuisboom (Ozoroa crassinervia) is 'n klein boom. Dit kom vanaf die Noord-Kaap deur die sentrale deel van Namibië tot by die Kunenerivier voor. Die boompie groei in klipperige en rotsagtige dor bosveld. Die blare is breed en by die punte van die takke saamgebondel met 'n viltagtige, grys onderkant.
Die boom se FSA-nommer is 369.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Ozoroa Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika