Die spinnekopbloekom (Eucalyptus lehmannii) is 'n boom en indringerplant wat in Suid-Afrika genaturaliseer geraak het vanaf Australië; dit is endemies in die ooste van dié land. Die boom kom voor in die kusfynbos en duine van die Oos-Kaap en die suide van die Wes-Kaap. Dit kan tot 10 m hoog word.
Voorkoms duimnael|links|Blomme
Die plant is dig, immergroen en 'n meerstammige boom of bos. Die takke hang dikwels naby die grond. Die liggroen blare is enkelvoudig, ovaalvormig, dik en leeragtig. Die groengeel blomme lok bye vanaf Junie tot Januarie. Die rooi knoppe aan die blomme lyk soos plastiekspinnekoppe. Die vrug is 'n stekelrige, houtagtige kapsule.
Algemeen Die boom word gekweek vir hout, sandbinding en as 'n bron van heuning.
Infraspesies Die spesie het twee infraspesies: Eucalyptus lehmannii subsp. lehmannii Eucalyptus lehmannii subsp. parallela D.Nicolle & M.E.French
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 Plants of the World Online
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
lehmannii Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Endemiese plante van Australië Kategorie:Indringerplante