Die karie (Eucalyptus diversicolor) is 'n bloekomboom en indringerplant uit Australië wat in Suid-Afrika genaturaliseer geraak het. In Australië is dit endemies aan die hoër reënvalgebiede van suidelike Wes-Australië, en is ook 'n bosbouspesie van kommersiële belang. Dit bereik tipies 'n hoogte van tussen 10 en 60 meter, maar kan by uitsondering so hoog as 90 meter groei. Die volksnaam Karie is ontleen aan die inheemse Noengartaal, en die spesienaam diversicolor reflekteer dat die blare se bo- en onderkante verskillend gekleurd is.
Suid-Afrikaanse aanplantings Die groep karie-bloekoms wat in 1922 by Harkerville oos van Knysna geplant is groei 'n eeu later al 70 meter hoog. 'n Laning karie-bloekoms wat meer as twee eeue gelede op Boschendal op die Helshoogtepad geplant is, het 'n hoogte van 50 meter, en 'n kroonspan van 33 meter. Albei hierdie boomgroepe is tot kampioenbome verklaar wat ingevolge die Nasionale Bosbouwet (Wet nr. 84 van 1998) beskerming geniet.
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
diversicolor Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Endemiese plante van Australië Kategorie:Indringerplante