Die swartoorkanarie (Crithagra mennelli) is 'n skaars tot gelokaliseerde algemene standvoël in miombo- en mopanieboomveld. Hulle sluit dikwels by voëlgroepe aan. Die voël is 14 cm groot en weeg 13 - 18 gram. In Engels staan die voël as die Black-eared seedeater bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Eksterne skakel http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=D545442681834535
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies