Loperamied 220px240px|Bal-en-stokkiemodel van die loperamiedmolekuul Chemie Chemiese formule C29H33ClN2O2 Molêre massa 477.037 g/mol Voorkoms wit, kristallyn CAS-nommer 53179-11-6 Farmakokinetika Biobeskikbaarheid Weinig geabsorbeer uit die ingewande Proteïengebonde 97% Metabolisme Lewer Halfleeftyd 9.1 tot 14.4 uur

Loperamied, 'n piperidien-derivaat,US National Cancer Institute, Drug Dictionary is 'n opiaatmedisyne wat gebruik word teen diarree as gevolg van gastro-enteritis of inflammatoriese ingewandsiekte. Dit is in die meeste lande generies beskikbaar, bekende handelsname is Imodium, Lopex, Adco-loperamide, Cipla-loperamide, Gastron en Lopedium. Dit is oorspronklik deur Janssen Pharmaceutica in België ontwikkel.

Mediese gebruik Loperamied is effektief teen verskeie vorms van akute en kroniese diarree. Daar is gewoonlik geen geneesmiddelbehandeling vir diarreë nodig nie, dus moet die middel slegs gebruik word as dit werklik noodsaaklik is.

Werkingsmeganisme Loperamied is 'n opiaatreseptor-agonis. Die opiaatderivaat bind aan die opiaatreseptore in die dermkanaal waardeur onder meer die peristaltiese beweging van die derm verminder word. Loperamied verhoog ook die spiertonus van die dunderm en die kolon waardeur waterige ontlasting makliker gestop kan word. Omdat die peristalse verminder word, stop dit nie alleen die diarree nie, maar ook die verdere spysvertering. Loperamied genees nie die oorsaak van die diarree nie.

Teenaanwysings Diarree as gevolg van enige bepaalde vergiftiging of indringer-organisme is belangrike teenaanduidings. Die rede hiervoor is dat die gifstowwe dan binne die dermkanaal "vasgevang" word, waar dit tot groter skade en ongemak vir die pasiënt kan lei as wanneer dit eerder uitgeskei is saam met die diarree-stoelgange.

Kinders jonger as 2 jaar mag nie met die middel behandel te word nie, weens gevaarlike newe-effekte. Vir kinders tussen 2 en 8 jaar moet loperamied saam met 'n orale rehidrasiemiddel (ORS) toegedien word. Die voubiljet gee aanwysings vir beperkte gebruik tydens swangerskap en borsvoeding.

Sien ook Gastro-enteritis Simetikoon - werk gasvorming teen; word gereeld met loperamied gekombineer in preparate Geaktiveerde koolstof

Verwysings

Eksterne skakels Imodium Webblad

Kategorie:Geneesmiddels Kategorie:Wêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys