Die swartkopkanarie (Serinus alario) is 'n endemiese, gelokaliseerde, algemene standvoël en plaaslike nomade in Karoobossieveld, gewoonlik in digbegroeide gebiede en op landerye. Die voël is 12 cm groot en weeg 11 - 13 gram. In Engels staan die voël as die Black-headed canary bekend. Sommige kenners behandel hierdie spesie as gelyksoortig aan die bontkopkanarie maar sover bekend verbaster hulle nie, ondanks oorvleuelende gebiede en voorkoms in gemengde swerms.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Eksterne skakel http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=24798475FE26E5B3

Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies