Die bontkopkanarie (Serinus alario leucolaema) is 'n endemiese, redelik algemene standvoël en plaaslike nomade op dorre vlaktes en in bergbossieveld en landerye. Hulle kom af en toe suid van hulle normale gebied voor. Die voël word 12 cm groot en weeg 11 - 13 gram. In Engels staan die voël as die Damara canary bekend.
Taksonomie Die taksonomiese status van hierdie voël is onseker. Dit is in die International Ornithologists' Union as 'n subspesie van die swartkopkanarie (Serinus alario) beskryf.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe 2011. Clement, Harris and Davis, Finches and Sparrows
Verwysings
Eksterne skakel http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=BC5C392FC5E90FA5
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies