duimnael|Uitslag: Groen ten gunste; rooi is teen onderhandelings om 'n einde aan apartheid te bring duimnael|Resultate per streek duimnael|Stempel wat in ID-boeke aangebring is om aan te dui dat 'n persoon gestem het
Tydens die Suid-Afrikaanse referendum van 1992 is Suid-Afrikaanse kiesers gevra om 'n ja- of nee-stem uit te bring vir onderhandelings om 'n einde aan apartheid te bring. Die stemming het op 17 Maart 1992 plaasgevind en was tot wit stemgeregtiges beperk. Die uitkoms was 'n oorweldigende oorwinning vir die ja-stem.
Na afloop van die referendum is die beleid van afsonderlike ontwikkeling geskrap, wat universele stemreg aan alle kiesers binne die grense van Suid-Afrika verleen het. Dit het ook gelei tot die eerste volledig demokratiese verkiesing in Suid-Afrika in April 1994.
Veldtog Die Nasionale Party het die "ja"-stem bemark terwyl die Konserwatiewe Party dit teengestaan het. Die NP het die volgende slagspreuke op referendum-plakkate aangebring: 'n Veilige toekoms vir ons en ons kinders. Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede. Ordentlike hervorming en redelikheid. Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming. Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking. Sterk en doelgerigte leierskap. 'n Eendragtige en weerbare Suid-Afrika. Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit. Die handhawing van ordelike regering en standaarde. Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid. Die leuen word voljarig, Praag.co.za, 20 Oktober 2013
Resultate Die volgende vraag is aan stemgeregtiges gestel:
Nasionaal KeuseStemme%Vir1 924 18668,73Teen875 61931,27Bedorwe/blanko stemme5 142–Totaal2 804 947100Geregistreer/stempersentasie3 296 80085,08
Per streek In Kaapstad en Durban het 85% van die stemgeregtigdes "ja" gestem, teenoor die 57% in Pretoria. Slegs Pietersburg in die Noord-Transvaal het 'n oorwegende "nee"-stem uitgebring (57%).
ProvinsieAreaVirTeenTotaalongeldige stemmeStemme%Stemme%KaapprovinsieBeaufort-Wes18 94161,6211 79838,3830 739Kaapstad355 52784,8863 32515,12418 852Oos-Londen66 67578,2818 49821,7285 173George40 07565,3921 21134,6161 286Kimberley33 50454,4827 99345,5261 497Port Elizabeth87 21674,4629 90925,54117 125NatalDurban204 37185,0335 97514,97240 346Pietermaritzburg66 50075,9821 02324,0287 523Oranje-VrystaatBloemfontein58 06658,6041 01741,4099 083Kroonstad54 53151,5451 27948,46105 810TransvaalGermiston164 02565,3886 84434,62250 869Johannesburg324 68678,3089 95721,70414 643Pietersburg37 61243,0249 82056,9887 432Pretoria287 72057,37213 82542,63501 545Roodepoort124 73752,44113 14547,56237 882
Verwysings
Kategorie:1992 Kategorie:Verkiesings in Suid-Afrika