Die grootvalsmopanie (Guibourtia coleosperma) is 'n boom wat langs die noordgrens van Botswana tot in Namibië voorkom. Dit is inheems aan Namibië, Botswana, Zimbabwe, Zambië, Angola en die DRK.

Dit is 'n half-immergroen middelgroot boom wat 30 m hoog kan groet. Die stam kan tot op 15 m onvertak en 65 – 125 cm in deursnee wees.

Die hout word vir boumateriaal, vloere, meubels en tradisioneel vir bote gebruik. Die sade en hul skille bevat olie wat kookgebruik het. Die sade kan geëet word indien daar min ander kos is en van die skille word 'n drankie gemaak. Die rooi kleurstof van die skil word vir kleuring van meubels gebruik.Timbers 2, , PROTA, , , bls 370

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Plants of the World Online Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013

Kategorie:Guibourtia Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo