Die Kaapse pietjiekanarie (Crithagra totta) is 'n endemiese, gelokaliseerde, algemene standvoël in bergfynbos, woudrande en soms langs die kus; ook denneplantasies en dig begroeide afvoerslote in die westelike Karoo. Die voël is 12 cm groot en weeg 10 - 16 gram. In Engels staan die voël as die Cape siskin bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Eksterne skakel

Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies