Vinkagtiges of sysie-agtiges (Fringillidae) is 'n familie van sangvoëls waaraan die kanaries, sysies, vinke en streepkoppies behoort. Hierdie familienaam is afgelei van die woord "fringilla", Latyn vir vink (F. coelebs), die mees algemene verteenwoordiger van hierdie familie. Ongeveer 19 spesies kom in Suider-Afrika voor.

duimnael|links|Carpodacus purpureus Al die vinkagtiges is saadvretende voëls met 'n kort, sterk snawel. Hulle het 'n harde skedel en groot kaakspiere wat hulle gebruik om sade te kraak. Die mannetjies verskil meestal van die wyfies in voorkoms.

Hierdie voëls kom in Noord-Amerika, Afrika, Asië en Europa voor. Meeste spesies kom egter in die suidelike halfrond voor. Één familie, die Euphonia, is inheems aan Suid- en Middel-Amerika (die Neotropiese gebied).

Sommige spesies word as eksotiese troeteldiere verkoop, en selfs onwettig mee handel gedryf.

Hulle is gewilde troeteldiere omdat hulle maklik in koue aangehou kan word. Die sysie-agtiges, wat die kanaries, streepkoppies en die sysies insluit en as sangvoëls bekend staan, behoort tot die orde Passeriformes, wat tans die dominante voëlorde is. Die sangvoëls behoort tot die suborde Passeres, wat 'n verskeidenheid families insluit, soos die swaels, kraaie, heuningeters, ensovoorts. Sommige taksonome deel die sysie-agtiges en verwante voëls (familie Fringillidae) in twee subfamilies in, naamlik die Carduelinae en die Fringillinae.

Die sysie-agtiges behoort tot die subfamilie Carduelinae, terwyl 'n aantal vinkagtiges (waaronder Darwin se vinke) tot die Fringillinae behoort. Daar bestaan egter 'n aantal ander klassifikasiestelsels. Die Suid-Afrikaanse sysie-agtiges kan byvoorbeeld as verteenwoordigers van die familie Fringillidae beskou word en dan in die subfamilies Fringillinae en Emberizinae ingedeel word. Die stelsel word egter nie in hierdie artikel gebruik nie.

Carduelinae Kanaries, streepkoppies en sysies behoort tot die subfamilie Carduelinae en daar word 18 inheemse spesies aangetref. Die voëltjies is klein tot mediumgroot (lengtes wissel tussen 10 cm en 16 cm). hoofsaaklik saadetend met kort, stewige snawels. Die meeste spesies hou in oop terreine met klein bossies of struikgewasse, waar hulle gewoonlik in relatief klein swerms voorkom.

Die voëltjies is vir hul sang bekend en hulle kan ook sing terwyl hulle vlieg. In die somermaande bou hulle netjiese neste in bome, struike en gras. Die meeste Suid-Afrikaanse spesies se broeityd is tussen September en Maart. Die Kaapse kanarie (Serinus canicollis), die geeloogsysie (Serinus mozambicus), die bergkanarie (Serinus atrogularis), die geelsysie (Crithagra flaviventris), die vaalstreepkoppie (Fringillaria impetuani) en die streepkoppie (Fringillaria capensis) is van die bekendste Suid-Afrikaanse verteenwoordigers van die subfamilie Carduelinae.

Fringillinae Die subfamilie Fringillinae sluit 'n aantal kleurryke, hoofsaaklik saadetende sangvoëls in wat vinke genoem word. Die onderskeid tussen die twee subfamilies word hoofsaaklik op grond van gedrag gemaak. Hulle voed nie hul kuikens met sade wat hulle opbring nie, maar met ruspes en ander invertebrate. Slegs een spesie van die subfamilie kom in Suid-Afrika voor, naamlik De Vink (Fringilla coelebs), wat aan die einde van die 19de eeu deur Cecil John Rhodes uit Europa ingevoer is.

Hulle het nie baie versprei nie en kom slegs in die Kaapse Skiereiland en omgewing voor. Die wat in Suid-Afrika voorkom, is saadetend, hoewel die Europese vinke insekte verkies. Lede van die familie het bekendheid verwerf as Darwin se vinke omdat die aanpassings van die voëls by verskillende diëte aanleiding gegee het tot sy teorieë van natuurlike seleksie.

Genera Die familie word in die volgende genera onderverdeel: Fringilla Linnaeus, 1758 Mycerobas Cabanis, 1847 Hesperiphona Bonaparte, 1850 Coccothraustes Brisson, 1760 Eophona Gould, 1851 Pinicola Vieillot, 1808 Pyrrhula Brisson, 1760 Rhodopechys Cabanis, 1851 Bucanetes Cabanis, 1851 Agraphospiza Zuccon, Prŷs-Jones, Rasmussen & Ericson, 2012 Callacanthis Reichenbach, 1850 Pyrrhoplectes Hodgson, 1844 Procarduelis Blyth, 1843 Leucosticte Swainson, 1832 Carpodacus Kaup, 1829 Melamprosops Casey & Jacobi, JD, 1974 Paroreomyza Perkins, 1901 Oreomystis Stejneger, 1903 Telespiza Wilson, SB, 1890 Loxioides Oustalet, 1877 Rhodacanthis Rothschild, 1892 Chloridops Wilson, SB, 1888 Psittirostra Temminck, 1820 Dysmorodrepanis Perkins, 1919 Vestiaria Jarocki, 1821 Drepanis Temminck, 1820 Ciridops Newton, A, 1892 Palmeria Rothschild, 1893 Himatione Cabanis, 1850 Viridonia Rothschild, 1892 Akialoa Olson & James, 1995 Hemignathus Lichtenstein, MHK, 1839 Pseudonestor Rothschild, 1893 Magumma Mathews, 1925 Manucerthia Pratt, 2009 Loxops Cabanis, 1847 Chlorodrepanis Perkins, 1899 Haemorhous Swainson, 1837 Chloris Cuvier, 1800 Rhodospiza Sharpe, 1888 Rhynchostruthus Sclater, PL & Hartlaub, 1881 Linurgus Reichenbach, 1850 Crithagra Swainson, 1827 Linaria Bechstein, 1802 Acanthis von Borkhausen, 1797 Loxia Linnaeus, 1758 Chrysocorythus Wolters, 1967 Carduelis Brisson, 1760 Serinus Koch, 1816 Spinus Koch, 1816 Euphonia Desmarest, 1806 Chlorophonia Bonaparte, 1851

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys Wêreldspektrum, 1982, , volume 27, bl. 64, 65

Eksterne skakels