Die dikbekkanarie (Crithagra sulphurata) is 'n algemene standvoël in boomveld, halfvogtige ruigtes en tuine. Hulle soek gewoonlik kos in die blaredak van bome. Die voël is 14 cm groot en weeg 15 - 23 gram. In Engels staan die voël as die Brimstone canary bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Eksterne skakel http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?lang=EN&avibaseid=53A5E91F9C2D694E
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies