duimnael|250px|’n Kerk van die Christelike Gemeente in São Paulo, Brasilië
Die Christelike Gemeente in Brasilië (Portugees: Congregação Cristã no Brasil) is 'n evangeliese denominasie wat deur die Italiaans-Amerikaanse sendeling Luigi Francescon in Brasilië gestig is, as deel van die grooter "Christian Congregation beweging".Alves, Leonardo. “Christian Congregation in Brazil”, in: Brill's Encyclopedia of Global Pentecostalism Online, Edited by: Michael Wilkinson, Connie Au, Jörg Haustein, Todd M. Johnson. Consulted online on 10 July 2022 <http://dx.doi.org/10.1163/2589-3807_EGPO_COM_047967>
Toe Francescon in 1910 die eerste keer na Brasilië gaan, het hy van Chicago na São Paulo en van daar na Santo Antonio da Plantina, Paraná, gereis.J. Gordon Melton en Martin Baumann, Religions of the World: A Comprehensive Encyclopedia of Beliefs and Practices, ABC-CLIO, USA, 2010, p. 621 Sy elf sendelingreise was baie suksesvol onder mede- Italiaanse immigrante en die bewoners van Brasilië.
Dit was blykbaar die eerste georganiseerde Pinksterdenominasie in Brasilië. Saam met die Brasiliaanse "Assemblies of God", wat in 1911 in Pará deur die Sweedse Amerikaners Daniel Berg en Gunnar Vingren gestig is, is die Christelike Gemeente in Brasilië deel van die begin van die Brasiliaanse Pinksterbeweging, een van die dinamiesste en vinnigs groeiende evangeliebewegings wêreldwyd.Read, William R. New Patterns of Church Growth in BrazilGrand Rapids: William B. Eerdmans Publishing Company, 1965.
Die oortuigings van die Christelike Gemeente word uiteengesit in hul 12 geloofsartikels. Hulle glo in die Drie-eenheid, die Bybel en verlossing deur die geloof in Jesus Christus. Hulle aanvaar die doop van die Heilige Gees en Goddelike genesing en wonderwerke. Die kerk het twee sakramente – doop deur onderdompeling en Nagmaal.
Teenwoordigheid in Suid-Afrika Die Christelike Gemeente in Brasilië is die grootste komponent van 'n wêreldwye gemeenskap van Christelike Gemeentes wat in meer as 80 lande teenwoordig is. Hierdie internasionale gemeenskap, bekend as die Broederskap van Christelike Gemeentes, is in 2003 geformaliseer. Alle gemeentes in hierdie gemeenskap deel dieselfde geloofsbelydenis, liturgie en praktyke en staan in volle gemeenskap met mekaar.
In Suid-Afrika staan die kerk bekend as die Christelike Gemeente in Suid-Afrika (Engels: Christian Congregation in South Africa). Die gemeente is geleë in Rosettenville, Johannesburg, en bied dienste aan elke Sondag vanaf 08:45 vm. Die kerk volg dieselfde leerstellings en liturgiese praktyke as die Christelike Gemeente in Brasilië en ander internasionale gemeentes.
Verwysings
Skakels Die denominasie se amptelike webtuiste
Kategorie:Christendom in Brasilië Kategorie:Pinksterkerke