Die Bandkeelvink (Amadina fasciata) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël en nomade in droë breëblaarboomveld. Hulle is dikwels in swerms en ook dikwels saam met ander saadeters. Die voël is 12 cm groot en weeg 17 - 18 gram. In Engels staan die voël bekend as die Cut-throat Finch.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies