Die Rooikopvink (Amadina erythrocephala) is 'n amper-endemiese, algemene standvoël en nomade in droë grasveld, doring- en breëblaarboomveld. Hulle is dikwels in swerms en ook dikwels saam met ander saadeters. Die voël is 14 cm groot en weeg 18 - 27 gram. In Engels staan die voël bekend as die Red-headed Finch.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin