Die Rooiassie (Sporaeginthus subflavus) is 'n redelike algemene standvoël in grasveld en plekke met kruidplante, veral naby water. Hulle verspreidingsgebied en getalle het blykbaar die afgelope paar jaar afgeneem. Die voël is 9 cm groot en weeg 6 - 10 gram. In Engels staan die voël bekend as die Orange-breasted waxbill.
duimnael|links|'n Mannetjie op die Cedara-plaas in Pietermaritzburg, Suid-Afrika.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies