Die gewone kwartelvinkie (Ortygospiza atricollis) is 'n algemene standvoël en nomade in kort gras en kaal gedeeltes in grasveld en landerye, dikwels naby water. Die voël is 10 cm groot en weeg 9 - 14 gram. In Engels staan die voël bekend as die Black-faced quailfinch.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin