Die Bruinvuurvinkie (Lagonosticta nitidula) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël van digte struikgewas en riete naby water. Die voël is 10 cm groot en weeg 9 - 12 gram. Die voël is die broeigasheer vir die Staalblouvinkie. In Engels staan die voël bekend as die Brown Firefinch.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies