Die rooskeelkolpensie (Hypargos margaritatus) is 'n endemiese, gelokaliseerde algemene standvoël in doringveldruigtes en kusstreke. Hulle drink dikwels vroeg soggens by poeletjies. Die voël is 12 cm groot en weeg 12 – 14 gram. In Engels staan die voël bekend as die Pink-throated twinspot.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies