Richard Dreyfuss (geb. 29 Oktober 1947) is ’n Amerikaanse akteur wat veral bekend is vir sy rolle in American Graffiti, Jaws, Close Encounters of the Third Kind en The Goodbye Girl.

Dreyfuss het die Oscar vir beste akteur in 1977 gewen vir The Goodbye Girl en is in 1995 benoem vir Mr. Holland's Opus. Hy het ook ’n Golden Globe en Bafta gewen en is in 2002 vir twee Screen Actors Guild-pryse benoem.

Vroeë lewe Dreyfuss is as Richard Stephen Dreyfus in Brooklyn, New York, gebore as die seun van Norman, ’n prokureur en restaurateur, en Geraldine, ’n vredesaktivis.Film Reference.com-biografie Sy pa het nie van New York gehou nie en het saam met die gesin na Europa getrek en toe Dreyfuss nege was, na Los Angeles."Richard Dreyfuss biography and filmography". Tribute. URL besoek op 3 Oktober 2011.Op Inside the Actors Studio, 2000 Dreyfuss het aan die Hoërskool Beverly Hills skoolgegaan.

Loopbaan duimnael|links|Dreyfuss en Allan Carr in 1989. Dreyfuss het in sy jeug begin toneelspeel in die Beverly Hills Joodse Sentrum. Hy het op 15 in die TV-produksie In Mama's House gespeel, en ná skool ’n paar klein rolle vertolk in onder meer Peyton Place en The Big Valley. In die laat 1960's en vroeë 1970's was hy ook op Broadway en Off-Broadway te sien. In 1972 het Dreyfuss saam met Henry Fonda, Gloria Grahame, Ron Thompson en ander verskyn in die toneelstuk The Time of Your Life.

Sy rolprentdebuut was in ’n klein rol in The Graduate, waarvoor hy geen krediet gekry het nie. Sy eerste groot rol was in die 1973-treffer American Graffiti, saam met ander toekomstige sterre soos Harrison Ford en Ron Howard. Sy eerste hoofrol het hy gespeel in die Kanadese prent The Apprenticeship of Duddy Kravitz (1974). Die volgende jaar het hy in nog twee treffers, Jaws (1975) en Close Encounters of the Third Kind (1977), gespeel wat albei deur Steven Spielberg geregisseer is. In 1978 het hy die Oscar vir beste akteur gewen vir sy uitbeelding van ’n sukkelende akteur in The Goodbye Girl (1977). Hy was toe 30 jaar oud en die jongste akteur wat ’n Oscar gewen het. Die rekord het 25 jaar lank gestaan tot dit in 2003 deur Adrien Brody gebreek is.

Omstreeks 1978 het Dreyfuss kokaïen gereeld begin gebruik en vier jaar later is hy in hegtenis geneem vir die besit van die dwelm nadat hy sy bewussyn verloor het terwyl hy bestuur het en sy motor ’n boom getref het.MTV.com Biography Ná tyd in ’n rehabilitasiekliniek het hy sy terugkeer gemaak in Down And Out In Beverly Hills (1986) en Stakeout (1987).

In 1989 het weer saam met Spielberg gewerk, dié keer aan Always. Hy het in 1991 saam met Bill Murray in die komedie What About Bob? gespeel. In dieselfde jaar was hy die vervaardiger van Prisoner of Honor, waarin hy ook gespeel het. Dreyfuss is vir ’n Oscar en Golden Globe benoem vir sy spel as Glenn Holland in Mr. Holland's Opus (1995). In die 2000's het hy nog verskeie rolle in rolprente, op TV en op die verhoog vertolk.

In November 2004 het Dreyfuss weens gesondheidsprobleme onttrek aan die Londense musiekblyspel The Producers.Adam, Karla. "My musical hell". The Guardian. 21 Januarie 2005 In 2006 was hy een van die oorlewendes in die rolprent Poseidon. In 2008 het hy die rol vertolk van die Amerikaanse visepresident Dick Cheney in Oliver Stone se biografieprent oor George W. Bush met die naam W."Richard Dreyfuss is Dick Cheney" . comingsoon.net. The Hollywood Reporter. 22 Mei 2008

Hy het ’n ster op die Hollywood Walk of Fame en was saam met 99 ander sterre by die "2012 Academy Awards – Night of 100 Stars".

Persoonlike lewe Dreyfuss is vroeg in die 1980's getroud met die skrywer en vervaardiger Jeramie Rain. Hulle het drie kinders gehad: Emily (1983), Benjamin (1986) en Harry (1990). Benjamin is met ’n seldsame oogsiekte gebore wat hom eindelik blind in sy linkeroog gelaat het. Die egpaar is in 1995 geskei en in 1999 is hy met Janelle Lacey getroud. Hulle is in 2005 geskei.Schindehette, Susan. "Risen from the Ashes, Richard Dreyfuss Faces His Family's Pain with Strength, Not Self-Pity" , People 4 Maart 1991

In 2006 is Dreyfuss met die Russies gebore Svetlana Erokhin getroud en hulle woon sedertdien in San Diego.

Filmografie Jaar Rolprent Rol Notas1966BewitchedRodneyTV1967Valley of the Dolls Assistant-verhoogbestuurder Nie op naamrol1968The Young RunawaysTerry1969Hello Down ThereHarold Webster1973American GraffitiCurt Henderson Golden Globe-benoeming1973DillingerBaby Face Nelson1974The Apprenticeship of Duddy KravitzDuddy1974The Second Coming of SuzanneClavius1975InsertsThe Boy Wonder1975JawsMatt HooperBAFTA-benoeming1976Victory at EntebbeKol. Yonatan "Yonni" Netanyahu1977Close Encounters of the Third KindRoy Neary Saturn-benoeming1977The Goodbye GirlElliott GarfieldOscar vir beste akteur BAFTA vir akteur in ’n hoofrolGolden Globe vir beste akteur in ’n musiekspel of komedieKansas City Film Critics Circle-prysLos Angeles Film Critics Association-prys1978The Big FixMoses WineOok vervaardiger1980The CompetitionPaul DietrichGolden Raspberry-benoeming vir swakste akteur1981Whose Life Is It Anyway? Ken Harrison1986Down and Out in Beverly HillsDavid "Dave" Whiteman1987StakeoutSpeurder Chris Lecce1987NutsAaron LevinskyGolden Globe-benoeming1988Moon Over ParadorJack Noah/pres. Alphonse Simms1990Rosencrantz & Guildenstern Are DeadThe PlayerPasinetti-prys vir beste akteur, Venesiese Rolprentfees1990Postcards from the EdgeDr. Frankenthal1991What About Bob?Dr. Leo Marvin1993Lost in YonkersLouie Kurnitz1993Another StakeoutSpeurder Chris Lecce1995The American PresidentSen. Bob Rumson1995Mr. Holland's OpusGlenn HollandOscar-benoeming Golden Globe-benoeming1997Oliver TwistFaginTV; ook vervaardiger1999LanskyMeyer Lansky2006PoseidonRichard Nelson2008W. Dick Cheney2009My Life in RuinsIrv2010Piranha 3DMatthew BoydKamee2010REDAlexander Dunning2013Very Good GirlsDanny2013ParanoiaFrancis Cassidy

Verwysings

Eksterne skakels THR: Richard Dreyfuss finds 'Happiness'

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse Vrymesselaars