Die Vaalstreepkoppie (Emberiza impetuani) is 'n voëlspesie wat endemies is aan Suider-Afrika. Hulle is algemene tot volop nomades op halfwoestynvlaktes, in Karoobossieveld en dorre savanne. Af en toe vind invalle in die kuslaaggebied van die westelike Wes-Kaap en die grasveld- en savannestreke plaas. Hulle vergader in groot getalle om na goeie reëns te broei. Hulle word soms ook in los assosiasie met sperwers aangetref. Die voël is 14 cm groot en weeg 13 - 20 gram. In Engels staan die voël as die Lark-like bunting bekend.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies